#aanlynkerk-werkswinkel

Jy is deel van ’n bediening, kerk of organisasie, en julle het ’n boodskap wat julle met soveel mense as moontlik wil deel. Kom ons gebruik die kommunikasiemiddels van die 21ste eeu en doen dit aanlyn!

Digitale en sosiale media speel deesdae ’n al groter rol, ook in die bediening. Coenie Schoeman (uitgewer Carpe Diem Media en Finesse-tydskrif), Stephan Joubert (Ekerk), Gerjo Ben van der Merwe (Kruispad-bediening) en Teodor van der Spuy (Kerksondermure) bied die #aanlynkerk-werkswinkel aan.

Hulle het vir jou al die beste praktyke en wenke om digitale en sosiale media tot jou voordeel te gebruik om die goeie nuus met soveel mense as moontlik te deel. Veral ook om te help met die tegnologiese aspekte, sodat julle meer tyd sal hê vir julle bediening:

Wat is die reikwydte van digitale en sosiale media?
Hoeveel mense gebruik dit en hoe is dit besig om te groei?
Leer hoe om die internet te gebruik om op ’n kragtige manier die evangelie in ’n digitale wêreld te deel.
’n Internetbediening is meer as net ’n webblad. Kry praktiese opleiding om al die digitale en sosiale platforms te gebruik.
Wat is die beste strategie om sosiale media te gebruik om veral jongmense (millenniërs) te bereik?

lyn_3.png

Wie tree almal op?

COENIE SCHOEMAN
(uitgewer Carpe Diem Media en Finesse-tydskrif) COENIE SCHOEMAN
STEPHAN JOUBERT
(Ekerk)
 STEPHAN JOUBERT
GERJO BEN VAN DER MERWE
(Kruispad-bediening)
 GERJO BEN VAN DER MERWE
 
TEODORE VAN DER SPUY

(Kerksondermure)TEODORE VAN DER SPUY
   

lyn_3.png

DATUM: Woensdag, 28 Junie
PLEK: Idle Wild Country Estate (Olifantsfontein)
TYD: 08:00 – 15:30
KOSTE: R995 per persoon, slegs 100 besprekings!
INGESLUIT: Die boek As die kerk verdwaal... (waarde R120)
+ ’n jaar se intekening op Finesse (waarde R341,10)
+ ’n Gratis USB-stokkie met e-boeke ter waarde van R5 000
+ bring ’n vriend/vriendin GRATIS saam en betaal slegs vir die ekstra middagete (R100)

lyn_3.png

Bespreek nou

R995 per persoon (slegs 100 besprekings) + Bring 'n vriend/vriendin gratis saam.

KLIEK HIER om te bespreek.

 

In samewerking met mediavennoot, Pretoria FM.

 

 

Website Security Test