Anders, maar Eenders-ouerskapwerkswinkel

Help, my kind sukkel op skool! Jy is nie alleen nie. Die Anders, maar Eenders-ouerskapwerkswinkel pak saam met ouers leerprobleme by die horings.

Dit is baie frustrerend om jou skerp, intelligente kind te sien sukkel met alledaagse dinge soos huiswerk doen, speelgoed wegpak of instruksies volg. Die oomblik as daar vasgestel word dat ’n kind ’n leerprobleem het, begin ’n hele nuwe reis vir ouer, onderwyser en kind.

Hierdie kinders leer dalk anders, maar dit bepaal nie hulle identiteit nie. Daar is geen rede waarom hulle nie ’n vol, gelukkige lewe kan lei nie!

Die Anders, maar Eenders-ouerskapwerkswinkel rus ouers en onderwysers toe om ’n kind bo sy leerprobleem te help uitstyg.

Kom luister na

Natasha Sutherland: My reis met my kind en sy leer-hindernis.
Lizanne du Plessis (ouerskapkenner en sielkundige): Hoekom sukkel my kind op skool? Die sleutel tot ’n gelukkige, gebalanseerde kind.
Marthie de Bruin (skoolhoof van Marthie de Bruin Akademie): Die ABC van studiemetodes.
Antoinette Steyn (mental coach) en Lynette Beer (verhoudingskenner): Verstaan jou kind se emosies.
Jeske Wellmann (dieetkundige): Eetgewoontes vir ’n gesonde lyfie.

lyn_3.png

DATUM: Saterdag, 24 Junie
PLEK: Idle Wild Country Estate (Olifantsfontein)
TYD: 08:00 – 15:30
KOSTE: R995 per persoon, slegs 100 besprekings!
INGESLUIT: EQ4Parents-boek (waarde R120)
+ ’n jaar se intekening op Finesse (waarde R341,10)
+ Gratis EQ4Kids-toetse. Kies uit n temperamenttoets, ’n ADHD-toets vir alle ouderdomme (waarde R200) of ’n skoolgereedheidstoets vir 4-6 jaar (waarde R100).
+ bring ’n vriend/vriendin GRATIS saam en betaal slegs vir die ekstra middagete (R100)

lyn_3.png

Bespreek nou

R995 per persoon (slegs 100 besprekings) + Bring 'n vriend/vriendin gratis saam.

KLIEK HIER om te bespreek.

 

Geborg deur EQ4Kids

In samewerking met mediavennoot, Pretoria FM.

 

Website Security Test