Basiese bolognaise

Makliker kos kry jy nie. As jy vanaand nie lus is vir lank staan voor die stoof nie, slaan sommer hierdie vinnige bolognaise aanmekaar.

Genoeg vir 8
Tyd: 25 minute

 
BESTANDDELE
olyf- of avokado-olie,  om te braai
3 uie, fyngekap
8 knoffelhuisies, fyngemaak
1 kg beesmaalvleis
4 x 410 g blikke gekapte tamaties of tamatiepuree
125 ml blatjang
hand vol pietersielie, gekap

METODE
1 Verhit ’n bietjie olie oor matige hitte en soteer die uie en knoffel. Geur en hou eenkant.
2 Verhit nog ’n bietjie olie en braai die maalvleis ongeveer 8 minute tot bruin. Geur. Plaas uie terug in die pan, saam met die tamaties en blatjang, en laat kook ongeveer 5-10 minute tot effens verdik. Meng pietersielie by.
2 Opdienwenke: Sit voor met spaghetti, gebakte aartappels of op roosterbrood. Bedek met kapokaartappels vir ’n herderspastei. Plaas ’n laag eiervrugskywe bo-op en giet ’n witsous oor vir ’n maklike moesaka. Gebruik in lasagne of snackwiches.
 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test