Basiese pannekoekresep

Die ewige gunsteling vir triestige wintersweer ... pannekoek. Met hierdie maklike resep kan jy nooit verkeerd gaan nie.

Genoeg vir 12 pannekoeke
Tyd: 1 uur


BESTANDDELE
250 ml koekmeel
30 ml strooisuiker
knypie sout
4 eiers
500 ml melk

METODE
1 Sif die meel, strooisuiker en sout saam. Klits die eiers en melk saam. Klits die meelmengsel geleidelik by die eiermengsel in tot die beslag glad is. Laat 20 minute staan.
2 Smeer ’n 22 cm ronde pan liggies en verhit oor lae hitte. Giet 60 ml van die beslag in die pan en kantel dit sodat die bodem bedek word. Bak ongeveer 2-3 minute, keer om en bak nog ongeveer 1 minuut tot gaar. Plaas op bakpapier en bedek met ’n skoon kombuishanddoek.
3 Herhaal met die res van die beslag.
4 Sit voor met kaneelsuiker en ’n skeutjie suurlemoensap.
 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test