Benodig jy mineraalsoute?

by Blogger - Annien Botha / Feb 28, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 543 mense.

Ken jy mineraalsoute (“tissue salts”)? Die goedkoop botteltjies minerale wat jy by omtrent enige apteek kan koop?

Julle weet nie hoe nodig dit is nie! Mineraalsoute moet gebalanseerd in ons liggame voorkom vir blakende gesondheid. Weens chemiese kunsmis, bevat ons grond nie meer die perfekte balans nie, en het ons kos dus ‘n tekort aan minerale.

Ek en my kinders is afhanklik hiervan vir ons algemene welstand! Daar is soute vir styfheid, verkoue, aknee,  spysvertering, hoofpyne, sinus, enseem, skilfers, krampe, hardlywigheid, arthritis, naarheid, donker kringe onder die oë, spasmas, oormatige sweet, stink voete… you name it!  Ook vir spanning, angs, senuwees, woede, ontsteltenis, depressie, irritasie, huilerigheid, swak geheue, uitputting..

In London het ek in ‘n apteek gewerk, en elke oggend het die apteker (ook ‘n homopaat) vir ons 3 pilletjies “Kali. Phos.” onder ons tong laat oplos. Hy het gesê dis vir “’n positiewe uitkyk op die lewe, emosionele stabiliteit en ‘n gevoel van welstand”… 

Jare daarna het ek Iridologie bestudeer (studie van die oog se iris), en moes ons mense se oë analiseer en ‘n gesonde dieet met baie vrugte en groente, oefening, vitamienes en hierdie mineraalsoute aanbeveel. Ek het in die klas gesit en die naam “Kali Phos.” erken wat die apteker ons laat neem het. Die lektrise het aanbeveel dat ons elke oggend voor klas hierdie mineraalsout (nr.6) inneem sodat ons kon konsentreer in die klas, dat dit breinuitputting verlig, help vir emosionele spanning, senuwees en ‘n goeie kalmeermiddel is. Dit gee emosionele balans vir kinders, veral wanneer ‘n kwessie soos egskeiding die kind ontstel. 

Wie moet mineraalsoute inneem?

*Jy – As jy ‘n ooreiste ouer is wat ‘n blaaskans soek en ‘n klomp goed op een slag moet hanteer, soos soggens die gejaag, laat saans die huiswerk… Om altyd kalm en teenwoordig te kan wees. Of gesondheid en welsyn nastreef in ‘n al meer gejaagde wêreld!

*Jou kinders – vir vrese, angs, gehuil, ontsteltenis, en selfs woedebuie. Dikwels word die spanning in ‘n kind veroorsaak deur die spanning in ‘n besige, gespanne ma, pa, of onderwyseres. Elke bekommerde kind verdien dit om aan die blomme te kan ruik terwyl hul angstigheid, kwellings en die teenslae van die lewe uit die weggeruim word. Hul swak gedrag, swak selfbeeld en die onvermoë om die lewe te hanteer, sal vanself verdwyn deur ‘n goeie dieet en mineraalsoute.

Mineraalsoute werk onmiddellik. Los 2, 3x per dag onder die tong of in die mond op. In akute toestande kan jy tot 3 op ‘n slag inneem, en meer dikwels. Indien jy meer as een toestand wil behandel (bv. Angs, of Hoofpyne), is dit die beste om 2 van elke botteltjie op te los in jou mond, en ‘n paar minute te wag tussen elk.

Volle blog op www.annienhealthandbeauty.wordpress.com.

  • Blogger - Annien Botha

    As internasionaal gekwalifiseerde skoonheidskundige,  spaterapeut en huishoudkundige skryf Annien oor SKOONHEID en GESONDHEID op alle terreine.  In 2012 was sy betrokke in ‘n ernstige motorongeluk  wat haar beroep as terapeut na 20 jaar beëindig het. Sy het egter besluit om te bly skryf en blog in haar beroep. Sy inspireer met haar eie gedagtes, dade en lewensverhaal sowel as die van mense rondom haar.
    www.annienhealthandbeauty.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.