Bloos mooi

by Blogger - Marlene Boonzaaier / Feb 27, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 267 mense.

As ‘n persoon wat daagliks met skoonheid te doen het, het ek nogal oor die jare ‘n oog ontwikkel om dinge raak te sien wat nie reg lyk nie. 

Dis partykeer nogal skrikwekkend om in ‘n openbare plek te kom en te sien hoeveel dames daar buite weet nie hoe om grimering reg te gebruik of aan te wend nie.

Een van die grimeertegnieke wat gereeld verkeerd verstaan word is hoe om blosser aan te wend, watter soort blosser om te gebruik en watter kleur die geskikte is.

Die hoofdoel van blosser is om ‘n gesonde gloed aan die wange te gee,  soos wanneer iemand bloos, die eindresultaat moet mooi inskakeer by die res van jou grimering, nie uitstaan soos die rooi wange van ‘n nar nie.

Daar is verskeie soorte en kleure  blosser op die mark om van te kies soos bv.  room tot poeier, gel, vloeibare blosser, poeier blosser en laaste maar nie die minste nie, room blosser.

  1.  Room tot Poeier blosser:

Hierdie tipe blosser gee ‘n sagte, poeieragtige afwerking.  As jy normaalweg ‘n droë vel het, sal jy baat vind by hierdie tipe blosser en in die winter sal dit werk met enige veltipe.

  1.  Gel blosser:

Dit verskaf ‘n sagte tint van kleur aan die wange.  Hierdie tipe blosser werk goed saam met olierige velle en ook vir sportiewe dames wat in die somer ‘n gesonde gloed op hul wange wil hê.

  1.  Vloeibare blosser:

Vloeibare blosser verskaf ‘n natuurlike kleur aan die wange sonder enige tekstuur.  Dit sal baie goed werk saam met olierige en kombinasie tipe velle, asook vir dames wat graag blosser wil dra sonder om eers onderlaag aan te wend.

  1.  Poeier blosser:

Dis ‘n blosser wat ‘n wye verskeidenheid van kleure bied in ‘n matte afwerking.  Dit werk saam met enige veltipe, en gee ‘n natuurlike blos aan die wange.

  1.  Roomblosser:

Dis ‘n soort blosser wat ‘n sagte afwerking gee, dit bly klam op die vel en dit sal nie uitdroog of kraak nie.  Dit pas baie goed by droë en verouderde velle en dis ideaal vir ‘n dame wat ‘n meer vogtige kleur op haar wange verkies.

Nog ‘n belangrike aspek aangaande blosser om in gedagte te hou is jou vel se ondertoon.  Kyk eerstens of jou vel ‘n geel of blou ondertoon het en dit sal die bepalende faktor wees of jou blosser kleur meer gaan neig na pienk of bruin.

Jou gesig se vorm sal bepaal hoe jy jou blosser moet aanwend.  Gaan loer gerus in skoonheidtydskrifte vir nuwe inspirasie en ook die nuutste modeneigings as jy voel die manier waarop jy blosser aanwend kort ‘n bietjie oemf.

Laastens dames, geniet dit!  Dis wonderlik om te sien hoe groot verskil ‘n klein bietjie blosser aan jou alreeds beeldskone gelaat kan verrig.  Soos met alle aspekte van grimering is blosser ook “trial and error” om die regte soort en kleur te vind wat by jou behoeftes sal aanpas.

LYK MOOI VOEL MOOI GROETE TOT VOLGENDE KEER

  • Blogger - Marlene Boonzaaier

    Marlene Boonzaaier het haar eie skoonheidsalon in Sasolburg. Na skool het sy 'n skoonheidskursus gevolg by die Harrieth Jane Skoonheidsakademie in Potchefstroom. Daarna het sy onder andere vir Steiner Transocean aan boord van die Veendam gewerk, waar  sy waardevolle ondervinding opgedoen in skoonheid sowel as alle spabehandelings en massering.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
< Bloos mooi | Voelgoed

Bloos mooi

by Blogger - Marlene Boonzaaier / Feb 27, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 268 mense.