Gebed van 'n oorweldigde Ma...

by Blogger - Liana Schönborn / Apr 07, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 3720 mense.

Here, op hierdie oggend kom kruip ek so bietjie onder U vlerk in. Ek wil net hier by U sit en rus. Die jaar het teen ‘n ongekende tempo afgeskop en ek voel totaal oorweldig.

Here, vir sulke klein oomblikke wil ek eintlik tong in die kies vir U vra, hoekom U my nie maar by twee kinders gestop het nie? Sommige dae weet ek nét nie hoe kom ek by al drie uit nie.

Dis hierdie dae wat die ewige skuldgevoelens my pak. Here, om kinders se buitemuurs te beplan, is geen geringe takie nie. Skielik is my Kleinman nie meer tevrede met: “Nee, seuntjie ons gaan nie die sport doen nie, daar is nog baie tyd.” Hy doen alles wat hy moontlik kan en ék verloor beheer. Ons Tiener is ‘n jongman met ‘n houding en selfs die sprankelende, blommerige Blom begin tieneragtige tekens toon. My keel trek toe…

Nou kom ek na U die enigste Een, waar ek weet ek vrede in my hart sal kry. Ek vra U om dit wat tans vir my na ‘n warboel en deurmekaarspul lyk te help uitsorteer. Vra dat U my rustig, kalm en besonders liefdevol teenoor my drie sal maak. Smeek U vir nog so bietjie ekstra energie en krag aan die einde van ‘n dag, om my geliefde Hoof sy nodige bemoediging en ondersteuning te gee. Dat U die ewige skuldgevoelens van ‘n Ma met een veeg van U hand weg sal neem. U dít wat na wanorde in my lewe lyk sal omskep in ‘n besonderse kunswerk. Here, maak my net soos die Spreuke 31 vrou: 

“She is clothed with strength and dignity,
and she laughs without fear of the future.
When she speaks, her words are wise,
and she gives instructions with kindness.
She carefully watches everything in her household
and suffers nothing from laziness.
Her children stand and bless her.
Her husband praises her:
“There are many virtuous and capable women in the world,
but you surpass them all!”

Here, ek sluit elke ander oorweldigde Mamma in by my gebed. Hoe lief het ek U, my Koning! 
Amen.

 

  • Blogger - Liana Schönborn

    Ek is ’n bevoorregte tuisbly mamma van 3 kinders. ’n Sagte tiener, ’n vrolike Blom en ’n Kleinman wat ’n ding sê soos hy is. Ek is lief vir my God, vreeslik erg oor my Hoof van 17 jaar en mal oor my kinders. Skryf is een van  my passies en ek deel graag my reis deur die lewe met mede-mamma’s. Mag ek hoop bring, geloof weer laat opflikker en elke leser se hart roer, as instrument in God se hand. Volg ook my persoonlike blog by: http://doodgewonema.wix.com/doodgewonema

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.