GEKENMERK DEUR DANKBAARHEID…

by Blogger - Velia Basson / Jan 09, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 412 mense.

Sy is agt en vol van vlekkelose geloof en dankbaarheid wat nie in hierdie besige mamma se onlangse gebede gehoor is nie. Voordat sy daaraan gedink het om deur haar lysie van nagtelike versoeke te gaan het sy gestop en hardop vir God terug aangekondig wie Hy is.

Sy het Hom gedank dat Hy die een ware God is. Hom gedank omdat Hy heilig is. Hom gedank vir Sy groot krag wat alles beheer. Hom gedank dat daar niemand soos Hy is nie. Hom gedank omdat Hy die Koning van die wêreld is. Hom gedank omdat Hy die dood oorwin het. Hom gedank omdat Hy die Een is wat haar siel gered het.

Haar woorde was kort en doodgewoon, maar wat sy tekort gekom het in welsprekendheid, het sy voor opgemaak met haar passievolle, opregte stem wat met oortuiging deur die hele boonste vloer van ons huis gepreek het.  

Sy het nog baie om te leer, maar hierdie meisie weet dat sy niks is sonder Jesus nie. Sy het vertroue in wie haar God is, en die oorloop van haar hart is een van dankbaarheid vir wat Hy vir haar gedoen het.

Ek is twee-en-veertig en het baie om te leer.

Dikwels is die eerste woorde wat van my lippe afkom in my private gesprekke met God nie woorde van dankbaarheid nie. Ek het 'n lys van versoeke wat 'n myl lank is, en ek skik té dikwels om aan die neem kant van my verhouding met God te wees, in plaas van aan die lofprysing kant. Woorde soos, "Help my, Vader…" en "Here, sal U…" troef dikwels verklarings van danksegging en lof.

Maar Here, ek wil die een wees. Soos die een melaatse uit tien ander, wat in sy vier spore vasgesteek het oor wie Jesus is, wil ek die een wees wat nederig aan U voete gevind kan word, wat U hardop loof omdat U my nuwe lewe gegee het. Ek wil so deur U heiligheid en ongelooflike genade verander word, dat my hart saggemaak word om minder aan hierdie wêreld vasgemaak te wees, en meer gelok word na 'n dieper verhouding met U. Ek bid vir 'n opregte hart van dankbaarheid – een wat onthou hoe baie ek vergewe is en wat my op so 'n manier motiveer dat my eerste neiging is om die skare agter te laat net sodat ek met U kan wees. God, ek wil meer hê as net wat in dit is vir my; Ek wil hê dat U alle eer, lof en glorie moet ontvang wat U naam toekom. Ek wil hê dat die wêreld moet sien dat ek by U voete bly, sodat meer mense die Een wat Sy lewe neergelê het om wonderwerke te doen – nie net in tien melaatses se lewens nie – maar in gebroke menslike harte, persoonlik kan leer ken.

Omdat ek hierdie vergifnis baie goed ken, Vader, help dat my lewe gekenmerk word deur dankbaarheid teenoor U.

  • Blogger - Velia Basson

    Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en  na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.