Glo in jouself

by Blogger - Letitia Pienewald / Apr 13, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 372 mense.

Weet jy wie
Is die ewige God
Weet jy wie ‘n wonderlike plan
Met jou lewe het?

Kind van Abba-God
Ek wil dit graag vandag vir jou sê
Ja veral vir jou
Wat dit vandag die minste glo

Hoekom is dit altyd so
Vra Abba-God
Dat van julle so min vertroue het
In wat julle saam met My kan doen

Ai julle moet dit nie meer glo
Al die leuens wat Satan
Julle so graag vertel
Dit is nie so

Ja sê Abba-God
Dit is so gereeld
Dat hy vir My kinders vertel
Dat hulle lewens so min waarde besit

Julle lewens besit
Soveel meer waarde
As wat julle dink of besef
Wanneer gaan julle dit glo

Ja liefste kinders
Ek het julle formeer
Met groot liefde aanmekaar gesit
Ek weet en ken die plan wat Ek met julle elkeen se lewens het

Kom vra dan asseblief daarna
Ja kom glo dat jy spesiaal is
En dat daar iets is wat Ek
Net in en deur jou kan en wil doen

Kinders die drome wat Ek
In My hart vir julle lewens hou
Is soveel groter en mooier
As die wat julle vir julle lewens het

Ja sê Abba-God
Dit is vir My lekker
Die kere wat ons saam droom
Die kere wat jy sê Abba-God lei my

Ek love dit My kinders
Love dit
Wanneer ons bymekaar kom
En ons harte deel

Dis vir My verskriklik lekker
Ek wil hê jy moet weet
Dat Ek dit vreeslik geniet
Om saam met jou My kind aan die droom te gaan

Ai kind
Dis nie vir My lekker
Julle wat dit konstant doen
As julle wegdraai van My

Ek haat dit
Ek hou niks daarvan
Dis of die mooi-wees tussen ons
Net nie kans kry om te groei

Ai kind asseblief
Ek vra weer
Begin in jouself glo
Soos wat Ek in jou glo

Asseblief kind
Asseblief
Begin jouself net ‘n kans gee
Begin om in jouself te glo.

  • Blogger - Letitia Pienewald

    Letitia Pienewald is ietsie oor die 30 jaar oud en gebore en getoë in Gauteng. Sy is in diens van die Here by die Anker van Hoop en King of Kings blogs. Letitia is lief vir die lewe en uitverkoop aan die Koning van alle konings. ‘n Hartewens is dat alle mense die perfekte liefde, goedheid en trou in God se hart elke dag meer sal ontdek. Sy is passievol daaroor om hoop aan ‘n gebroke wêreld te bring - haar lewe is immers ‘n getuigskrif van genade. Besoek Anker van Hoop op Facebook.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.