Hoe om ʼn supernatural pad saam met God te begin stap

by Blogger - Gina van Staden / Jan 09, 2017 / 2 Kommentaar / Gelees deur 513 mense.

Baie keer as ek met mense praat oor die dinge wat ek al deur genade beleef het, vra hulle my hoe ek God se stem hoor, hoe dit begin het en hoe ek kan bly glo in moeilike tye? Die antwoord is minder dramaties as wat mense mag dink – dit het begin by een sin, geïnspireerd deur die profeet Jesaja: “Hier is ek Vader, gebruik my”.

Ek was skrikkerig oor wat die ‘gebruik my’-deel als sou behels. Maar daai spesifieke dag aan die begin van 2014 sal ek nooit vergeet nie. Ek was nie in ʼn fancy kerk nie, daar was nie hoogs gelowige mense om my nie – dit was net ek alleen, gesig in my kussing gedruk. Ek weet dat God gesien het dat ek érnstig was, want in daai selfde week het ʼn klomp dinge begin gebeur wat my verstom het.

Daar is ʼn sê-ding: “Don’t ask God to guide your footsteps if you aren’t willing to move your feet”. Toe ek God se stem duidelik begin hoor het, het ek eers gedink ek het my varkies verloor. En dis waar die ‘moving your feet-deel inkom: as jy vir God vra om jou te gebruik, gáán Hy, en jy moet luister – al klink dit hóé weird.

Want ek het al in die middel van die verkeer gestop om iets vir ʼn vrou in die kar voor my te gee; gestop by ʼn winkel met ʼn R10-noot wat nie voorheen in my handsak was nie om ʼn ‘I love you’ PS-sjokolade vir ʼn vrou te koop wat aan God se liefde begin twyfel het; ʼn been gesien aangroei; vir mense die snaaksste boodskappe gegee wat hulle in trane gelos het en die lys gaan aan. Die punt is dat ek elke keer gevoel het of ek die pot mis sit, maar ek het in elk geval geluister en dan het ek ʼn wonderwerk aan die ander kant beleef.

En dís hoekom ek nie kan twyfel in my geloof nie. Want ek het al teveel dinge beleef waarvoor daar geen verduideliking is nie, en dit was ook nie as gevolg van ander mense nie – dit was net ek en God.

So, as jy ernstig is – sê vir Hom dat jy beskikbaar is. En dan beweeg jy jou voete wanneer Hy praat.

  • Blogger - Gina van Staden

    Gina van Staden se alomvattende kreatiwiteit laat haar paadjie in baie verskillende rigtings kronkel – van skilder en skryf na klere maak en skoonheid. Sy is al sewe jaar getroud met, Vincent, en hulle het drie kinders. Haar geloofpassie is om vroue te help opstaan in die posisies wat God vir hulle bedoel het. Sy het reeds ʼn magdom lewenservaring wat sy graag met haar medevrou deel. Jy kan haar blog hier lees: Skerpioentrapper.

kommentaar (2)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA