‘n Gesonde vel huisves ‘n gesonde liggaam

by Blogger - Marlene Boonzaaier / Mar 06, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 326 mense.

Op alle vorme van media, asook  sosiale media, word elke dag uitbasuin hoe belangrik dit is om gesond te lewe... dus gesond te eet en te oefen. 

Dit is baie belangrik ja, maar êrens langs die pad het hulle vergeet hoe belangrik dit is om jou vel ook gesond te hou. Die vel is immers die grootste orgaan in die liggaam...

Dink net hoe vreemd sou ons gelyk het as ons nie ʼn vel gehad het om ons liggame in “toe te draai” nie.  Net ʼn bondel spiere en bene. Die vel bring al die dele van die liggaam saam tot ʼn eenheid, amper soos ʼn persent wat toegedraai is, dis hoekom dit so belangrik is om ook na die vel om te sien as deel van die liggaam .

Nou vra jul my: “hoe gaan ek te werk om my vel gesonder te kry en te hou?”

Hier is ʼn paar wenke, die meeste daarvan weet julle al maar soms is dit goed om dit maar net weer te hoor en bietjie meer aandag te gee aan die dinge wat ons so maklik elke dag kan afskeep.

  • • Moenie rook nie.
  • • Gebruik alkohol in matigheid.
  • • Vermy die son tussen 12 en 2 in die middag, veral in die somer. As dit nie moontlik is nie, gebruik ʼn goeie sonroom, dra ʼn hoed of bly onder ʼn sambreel.
  • • Laat jou oë gereeld toets om frons plooie te voorkom en dra ook gereeld ʼn sonbril veral as jy bestuur en moet konsentreer en buite in die son is.
  • • Maak jou vel deeglik skoon in die aande en soms in die oggende ook veral in die warm weer wanneer ons meer geneig is om te sweet.
  • • As jy sukkel met ʼn droë vel, belê gerus in ʼn goeie vogroom, vir jou lyf en gesig en gebruik dit daagliks.
  • • Baie belangrik dames – moenie gaan slaap met jul grimering aan nie, jou vel gaan jou beslis bedank op die lang duur.
  • • Maak seker om jou lyf goed af te spoel om alle dooie selle, seep en rome te verwyder
  • • Probeer om transvette en suiker in jou dieet te verminder.
  • • Oefen gereeld
  • • As jy nog jou beenhare en ook alle ander ongewensde hare afskeer in plaas daarvan om te wax, maak seker jy gebruik ʼn skerp, skoon skeermes en lemmetjie.
  • • Raak asseblief ontslae van ou grimeer sponsies en kwassies elke 6 – 12 maande en skaf ook nuwe   ooggrimering aan elke 3 maande.
  • • Drink baie water.
  • • Maak seker om tyd te maak vir ontspanning in enige vorm wat jy verkies, of dit nou is om ʼn boek te lees, te mediteer, te slaap of net te lê en na die wolke te kyk.  Ontspanning is nie net belangrik vir die gees en • siel nie, maar ook vir die vel.

 

Met al hierdie nuttige wenke sal dit sommer ʼn maklike takie wees om te sorg dat jou vel gesond bly en dus ʼn gesonde gees en liggaam kan huisves.

LYK MOOI VOEL MOOI GROETE TOT VOLGENDE KEER

 

  • Blogger - Marlene Boonzaaier

    Marlene Boonzaaier het haar eie skoonheidsalon in Sasolburg. Na skool het sy 'n skoonheidskursus gevolg by die Harrieth Jane Skoonheidsakademie in Potchefstroom. Daarna het sy onder andere vir Steiner Transocean aan boord van die Veendam gewerk, waar  sy waardevolle ondervinding opgedoen in skoonheid sowel as alle spabehandelings en massering.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA