‘n Verbasende Geheim Vir ‘n Sexy Somerlyf

by Blogger - Hanro Roos / Nov 29, 2016 / 0 Kommentaar / Gelees deur 2081 mense.

Is dit nie ironies nie?

Die lekkerste tyd van die jaar kan potensieel die slegste wees. Jy voel partykeer of jou bikini soos ‘n kraam swembroek sit. Daai nare gevoel dat strandgangers na jou gaan vingers wys en staar. Dis genoeg om enige persoon binnenshuis te dryf om weg te kruip.

En as jy nog een keer moet hoor die oplossing is oefen en eet reg, gaan jy dit verloor. Jy doen dit reeds. Wat anders kan jy doen?

‘n 2011 studie deur die Oxford Brookes Universiteit het gevind dat individue wat meer deeglik kou, minder eet (1). Deelnemers in die studie wat hul kos 35 keer gekou het i.p.v. 10 keer, het hul kalorieë-inname verminder met 12.57%. Dit klink nie na baie nie, maar as jy oorgewig is kan jy tot en met 3 kilogram in ‘n maand afskud deur slegs deeglik te kou! Hoe is daai vir ‘n opbrengs op jou belegging?

Die bogenoemde konsep maak sin. Hoe fyner jou kos is, hoe makliker kan jou liggaam die voedingswaarde absorbeer. Dit beteken jou liggaam kan met minder kos regkom.

Wil jy hê jou kos moet soos ‘n fyngemaalde poeier of eerder soos ‘n klont in jou maag sit? Die fyn poeier kan baie makliker in jou maag geabsorbeer word as ‘n groot klont.

Vermy mik en sluk. Probeer rustiger en meer deeglik kou. Die Liewe Vader het vir jou 32 ‘blenders’ in jou mond gegee. Gebruik hulle. Kou jou kos tot in ‘n romerige tekstuur.

Hou moed. Daar is tyd. Jou liggaam is ‘n wonderlike masjien wat perfek funksioneer. Hy het net ‘n paar ‘tweaks’ nodig om hom vanaf ‘n Beetle in ‘n rooi Ferrari te omskep.

En weet jy wat? Jy SAL jou doel bereik. Hoe weet ek dit? Want jy is ‘n soldaat. Jy baklei hand en tand vir wat jy wil hê. Jy is nie soos ander mense wat omrol en moed opgee as die geringste hindernis sy kop uitsteek nie.

Die pad is moeilik, maar die bestemming is die moeite werd. So, waarvoor wag jy? Wees die skilpad wat die haas geklop het. Eet stadiger en verloor vinniger gewig. Kliek hier vir addisionele wenke: http://bit.ly/2fExJxZ

  • Blogger - Hanro Roos

    Hanro Roos het vir 6 jaar gesukkel met sy gewig en gesondheid. Wat die reis so lank gemaak het is al die verkeerde inligting en teenstrydige opinies oor wat gesond is. Geen wonder die publiek is deurmekaar oor wat om te eet nie. Hy het elke dieet onder die son nagevors en persoonlik probeer. Elke een het newe-effekte soos honger, drange, lae energie, hardlywigheid en “binges” teweeggebring. Hy het die beste van die beste gevat en sy eie benadering geskep om sy dieet eenvoudig en aangenaam te maak. Hanro is ʼn voedselkundige wat spesialiseer in gewigsverlies. Hy verskaf konsultasie en “coaching” dienste. http://thehanrodiet.com Navrae: info@thehanrodiet.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA