Neem jou vel terug

by Blogger - Marlene Boonzaaier / Nov 24, 2016 / 0 Kommentaar / Gelees deur 286 mense.

Ons almal ken daardie gevoel...  jy staan op in die oggend, opgewonde oor die dag wat voorlê, jy kyk in die spieël en daar sit dit: ʼn groot puisie!

Hoe neem ons, ons vel terug? Die groot  geheim is, matigheid voor oë...  ons natuurlike, vroulike instink maak ons wys dat as ons die vel gaan was en skrop, dit als sal verbeter, maar inteendeel, dit kan als vererger. Te veel afskilfering en reiniging van die vel kan die follikels irriteer en die aknee vererger.

Hou jou velsorg roetine eenvoudig en maklik.

Was jou gesig met ʼn seep of gel wat geskik is vir olierige of aknee vel, maar wat nie die vel te veel sal uitdroog of irriteer nie.  Gebruik ʼn afskilferaar een tot twee maal per week, niks meer nie. Deur te veel te skrop gaan ook die infeksie vererger en versprei. Die ideaal is een wat bestaan uit vrugtesure en nie noodwendig korrels nie.

Gebruik ʼn saamtrekmiddel wat sag is op die vel en die porieë weer saamtrek sodat daar nie verdere stof en bakterieë kan binne gaan nie. Rooswater is altyd ʼn goeie keuse en dit ruik ook lekker. Gebruik ʼn masker op jou vel ook slegs een of twee keer per week, net om van al die ekstra olie ontslae te raak.

Laaste maar die nie minste nie, kies ʼn bevogtiger wat nie te ryk is vir die vel en die porieë  sal verstop nie, maar eerder sal voed en glad sal laat voel. Die geskikte keuse sal wees een met ʼn waterbasis en nie oliebasis nie.

Nou vir die groot bederfgeheim - gaan so een maal per maand vir ʼn goeie gesigbehandeling. Dit hoef nie by ‘n duur salon te wees nie, wees kreatief en dink uit die boks.

Ruim ʼn gedeelte in jou huis in waar jy en ʼn paar vriendinne rustig en gemaklik kan lê. Nooi hul dan oor vir ʼn regte “pamper party” waar jul vir mekaar gesigbehandelings gee, en daar is niks verkeerd daarmee as dit vergesel word met ʼn goeie glas rooiwyn nie!

Wat produkte betref:  die duurste is nie noodwendig altyd die beste nie. Kies produkte wat jou sak pas en die nodige werk doen om jou vel op sy beste te laat lyk. Volg ook maar gerus die goue, oue raad waarmee ons Ma’s en Oumas grootgeword het:  Moenie gaan slaap met grimering aan nie.

LYK MOOI – VOEL MOOI GROETE TOT VOLGENDE KEER

  • Blogger - Marlene Boonzaaier

    Marlene Boonzaaier het haar eie skoonheidsalon in Sasolburg. Na skool het sy 'n skoonheidskursus gevolg by die Harrieth Jane Skoonheidsakademie in Potchefstroom. Daarna het sy onder andere vir Steiner Transocean aan boord van die Veendam gewerk, waar  sy waardevolle ondervinding opgedoen in skoonheid sowel as alle spabehandelings en massering.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA