Ore en oë oop?

by Blogger - Gerjo Ben van der Merwe / Mei 16, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 475 mense.

Hoe hard kan ’n mens se kop dan nou wees? Die hardekoppe mis uit. Hulle mis groot uit.

Net omdat hulle die keuse maak om hulle ore albei kante oop te maak en te kies om hul ooglede toe te klap. Ai!

God het vir ons elkeen ons eie vrye wil gegee waarmee ons kan kies. Ja, jy kies self wat hier deur jou oë en ore na jou kop gaan. Jy kies self wat jy met die inligting gaan doen. Die vraag is net of jy die regte keuses maak? Is jou wil sterk genoeg om nie jou ore uit te leen vir die leuen van die duiwel nie? Is jou wil sterk genoeg om jou oogklappe toe te maak vir die gemors wat so maklik op ons skerms verskyn?

Dis jou keuse.

Daarom nou so effe van ’n wake up call vir ons elkeen: Stem jou ore in om die regte goeters te hoor. Doen moeite om seker te maak dat jou ore op die stasie is waar jy Jesus se stories mooi en duidelik kan hoor. Stel jou oë se fokus in, sodat jy die beeld van Jesus se stories duidelik kan sien. Dan sal ons anders wees. Dan sal ons koppe nie hard bly nie. Dan sal die wêreld om ons anders wees en dan sal Jesus van ons kan sê: Mat 13:16 “Met julle is dit egter anders. Julle is gelukkig, want julle geestelike oë sien en julle geestelike ore hoor.”

  • Blogger - Gerjo Ben van der Merwe

    Gerjo Ben van der Merwe vertel dat hy ‘n jaar of wat langer op Stellenbosch was, omdat swot nie sy beste vak was nie. ‘n Roeping vir Teologie - dié het hy gehad, maar geen roeping vir predikant-word nie. Hy was daarom eers 'n boer en besigheidsman, maar nou is hy 'n teerstraatpredikant waar hy God se Woord in vandag se woorde bring. Hy en sy vrou, Renata, staan aan die stuur van www.kruispad.com. Sketse by blogs: frans@vespagetti.co.za

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.