Staan sterk in 'n aanloklike wêreld

by Blogger - Velia Basson / Apr 19, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 201 mense.

Ons leef in 'n verleidelike wêreld.

Voeg daarby ons eie sondige harte en 'n baie werklike vyand en dit is geen oordrywing dat ons elke oggend 'n oorlogsveld betree wanneer ons opstaan nie.

“As sondaars jou wil verlei, my seun, moenie toegee nie.” – Spreuke 1

Maak nie saak in watter stadium van die lewe ons is nie, niemand van ons is immuun teen versoeking nie. Solank as wat ons in hierdie wêreld leef, is ons omring met sonde en ander sondaars. Hoe vinniger ons die groot gevare wat in en rondom ons is, herken, hoe vinniger kan ons stappe neem om teen hulle te veg.

“…maar hierdie mense span vir hulleself 'n net,

hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie:

rowery kos hom sy lewe.” – Spreuke 1:18-19

Hier is die feit... maak nie saak hoe begeerlik sonde in die begin lyk nie, dit lewer nooit die uitbetaling waarop ons hoop nie. Dit is alleenlik om te wandel in God se wysheid – deur ons volle vertroue, oorgawe en tevredenheid in Hom te vind, – wat ons die vrede gee wat ons harte verlang.

Maak nie saak hoe “sterk” ons dink ons is nie, ons kan nie versoeking beveg met eenvoudige menslike volharding nie. Jesus het vir sy dissipels vertel dat die gees gewillig is, maar die vlees is swak (Matteus 26:41). Selfs vandag sal Satan ons graag us onverhoeds en onvoorberei wil betrap, en hy versoek ons in ons swakste areas, wanneer ons dit die minste verwag. Maar met 'n aksieplan in plek – een wat wysheid uit God se Woord op die voorgrond plaas – kan ons daaglikse stappe neem om ons gedagtes te vul met die waarheid, en doelgerig wegdraai van die sonde wat ons so maklik verstrik. En onthou, as jy God in geloof vir wysheid vra, gee Hy dit sonder voorbehoud of verwyt (Jakobus 1:5).

Vriendin, nou is nie die tyd om terug te tree nie. Kom ons wees waaksaam wanneer versoekings op ons pad kom! Watter stappe sal jy vandag neem om sterk te staan in 'n wêreld vol versoekings? Kom ons deel praktiese aanmoediging met mekaar in die kommentaar...

  • Blogger - Velia Basson

    Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en  na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.