Tree op soos jy wil hê ander moet teenoor jou optree

by Blogger - Gerjo Ben van der Merwe / Jan 10, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 442 mense.

Hoe gou kry ons nie petrol en storm met nuwe krag die wêreld in as ons opgebou word nie. En dan natuurlik andersom ook. Ons het ook ’n groot invloed op die mense om ons.

Die lewe is nie maklik nie, want sien, aan die een kant wil ons net die goeie doen. Ons wil ander mense opbou, maar aan die ander kant is ons in sonde gebore en dan sleep ons al na die verkeerde kant toe.

Jesus weet dat ons baie met hierdie goed sukkel, daarom help Hy ons om weg te beur van die verkeerde kant af. Hy gee vir ons ’n stukkie gereedskap wat ons moet probeer gebruik: Matteus 7:12“As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op.” Dit is eintlik ’n baie eenvoudige hulpmiddel: Tree teenoor ander op soos jy wil hê hulle teenoor jou moet optree.

Gaan sit en dink ’n bietjie aan die dinge wat ander aan jou doen wat jou laat goed voel, wat jou laat glimlag en wat jou sommer wil laat hop, skip en jump. Maak planne hoe jy dit in jou lewe kan vestig as ’n standaard optrede teenoor jou geliefdes, werknemers, kollegas en selfs teenoor vreemdelinge wat oor jou pad stap.

Let op wanneer ander mense mooi optree en skryf dit ook op jou lysie en oefen dit in. Maar maak ook ’n lysie van die optredes van mense wat jou energie steel. As jy die lysie gemaak het, trek dit dan een vir een dood – so ’n simboliese aksie waarmee jy sê: “Dit wil ek nie doen nie.  Ek gaan met alles in my poog om nie af te breek nie, maar te bou.”

  • Blogger - Gerjo Ben van der Merwe

    Gerjo Ben van der Merwe vertel dat hy ‘n jaar of wat langer op Stellenbosch was, omdat swot nie sy beste vak was nie. ‘n Roeping vir Teologie - dié het hy gehad, maar geen roeping vir predikant-word nie. Hy was daarom eers 'n boer en besigheidsman, maar nou is hy 'n teerstraatpredikant waar hy God se Woord in vandag se woorde bring. Hy en sy vrou, Renata, staan aan die stuur van www.kruispad.com. Sketse by blogs: frans@vespagetti.co.za

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA