Vakansietye

by Blogger - Hannelie van Niekerk / Jan 04, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 337 mense.

So gaan die van Niekerks Disney World toe.  Opgewonde begin die oggend.  Die planne vir die ‘rides’ is dat ek Chaney se maatjie is en Gerhard en Charl is ‘n span.  Eerste trokkie wat ons inklim besef ek dat die vashou handvatsel gaan tot by die grootste in die trokkie.  So ek is die grootste -  van die handvatsel tot Chaney is daar ‘n gaping.  Arme Charl is so te sê los.  Ons hou die kids maar vas….

Volgende plan word beraam.  Ek en Gerhard sit saam en dan Charl en Chaney – dit is nou vir die gevaarlike ‘rides’.  Die trokkie is knap vir my en Gerhard.  Ons sit soos sardientjies in ‘n blik geryg.

Hier het ek ook weer die diep woorde onthou wat geklassifiseer is as vloek in my taal.  As daai trokkie so om die draaie gaan en ruk en pluk… is die trane gewoonlik naby, die gille hard en die woorde kras.  Maar ek het belowe ek gaan saam ry.

Op die Everest ride ry ons tog te lekker… gillend hanteerbaar… … Skielik ruk ons soos die trokkie tot stilstand kom… geen spoor verder nie.. die groot skrik kom oor my.. die trokkie gaan agteruit gaan.. groot woorde word gepraat. Almal se ore tuit van my taalgebruik, bewend  klim ek uit.  Die rit is gou verby maar voel soos ‘n ewigheid.  Tranerig staan ek daar en wonder of ek gaan oorleef.  Kids wil weer gaan.. ek is weer op.. ek sien niks nie.. oë is toe.. biddend. Na die tweede keer is die siel los in die lyf geskud.  Daar gaan nie 'n derde keer wees nie.

Charl hop soos ‘n hasie, adrenalien pomp deur die lyf.  Hy wil net weer en weer ry.  Die stadige ‘rides’ is nie lekker nie - hoe wilder hoe beter.

Vroeg oggend is ons op, ver stap, baie sien en doen.  Die kids is gedaan in die aande… hoe verder in die week, hoe harder is dit om op te staan.  Wat ‘n voorreg om dit saam met my gesin te kon doen.  Die naby wees, die lekker lag vir mekaar sal vir altyd by ons bly.

 

 

  • Blogger - Hannelie van Niekerk

    Hannelie is 'n ma van 'n mooi tiener dogter en 'n boeta wat die lewe in hulle hande omvou. Ek is ʼn vrou vir een, my rots en my anker. Ek het ʼn ongeslypte liefde vir skryf. My kop vol woorde oor my ervaringe en hoe ek oor dinge voel, wat ek graag wil deel. Ek het onlangs begin blog by www.malkoppieterapie.com. Dit is my denke, my woorde, geskryf uit my hart.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.