Vir my is dit, dit… en vir jou?

by Blogger - Lynette Beer / Jan 09, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 651 mense.

Dit is 31 Desember 2016, ons kuier, ons lag uitbundig en ons is sommer net dankbaar vir liefde, genade, gesondheid, werke, ouers, kinders, vriende, geleenthede, ens.

Ek dink na oor die goedheid van die Here tydens 2016. Die jaar waarin my eerste boek deur Carpe Diem Uitgewers uitgegee is – terwyl die Engelse uitgawe daarvan in 2017 sal verskyn – asook ‘n boek self gepubliseer is. Ek was bevoorreg om saam met uitstekende skrywers aan twee ander boeke te kon skryf wat ook deur Carpe Diem Uitgewers uitgegee is. So het ek ook begin blog vir Finesse en skryf met geleentheid artikels vir die tydskrif. Ek het met meer as een geleentheid lugtyd op TV gehad, onder andere Die Groot Ontbyt-program. Ek was ‘n spreker by die Suid Afrikaanse Onderwys Unie se kongres wat ongekende deure geopen het vir 2017. Die Karoo God’s Women Conference te Willomore (ongeveer 1 500 vroue) was ‘n Goddelike belewenis. Ek was aangewys as die “Presidential” Sakevrou van die Jaar 2016, wat aangebied word deur die Naionale Raad vir Sakevroue. My betrokkenheid by EQ4Kids is ook ‘n uitsondering. Die talle konferensies en geleenthede waarvoor ek reeds bespreek is vir 2017 maak my nederig dankbaar teenoor die Here vir Sy goedheid en guns.

Wat is egter daardie een ding wat ek bo alles sal uitsonder waarvoor ek vir ewig dankbaar sal bly?

Hoor eers wat Napoleon Bonaparte gesê het: “Ek sterf voor my tyd en my liggaam sal aan die aarde teruggegee word om vir die wurms kos te wees. Dit is die lot wat binnekort op die groot Napoleon wag.”

In teenstelling hiermee is die woorde van Job: “Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Ek sal Hom sien, met my eie oë sal ek Hom sien, Hom en niemand anders nie. Ek smag daarna met my hele lewe.” – Job 19:25-27

Bo alles wat ek bereik het in my lewe is ek dankbaar dat ek ‘n wedergebore kind van God is en die sekerheid het dat wanneer ek sterwe, ek hemel toe gaan.

Wat is daardie een ding waarvoor jy bo alles dankbaar is?

  • Blogger - Lynette Beer

    Lynette was ‘n direkteur in ‘n suksesvolle internasionale groep maatskappye waar sy verantwoordelik was vir bemarking en die persoonlike ontwikkelling van personeel. Sy het die temperamentmodel gebruik om ‘n nuwe produk saam te stel. In 2007 ontvang sy ‘n toekenning in haar industrie vir die mees suksesvolle besigheidskonsep en was bevoorreg om besigheidsaanbiedinge in Times Square, New York, sowel as in Londen te doen.
    Lynette Beer is ’n gepubliseerde skrywer van Carpe Diem Uitgewers met haar nuutste boek “Watter kleur is jou persoonlikheid”
    Sy het ook die “Presidential” toekenning verower by die Besigheidsvrou van die jaar funksie wat aangebied word deur die Nasionale Raad vir Sakevroue (SACBW).
    Besoek haar webwerf: lynette@seedsofinspiration.co.za.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA