Luukse bustoere, ’n toergids, drie nagte by Namaqua Lodge en etes (soos aangedui) is ingesluit. Bederf iemand spesiaal met hierdie ervaring wat julle altyd sal onthou en krag sal gee om die laaste skof van die jaar met energie aan te pak.

OM TE BESPREEK

Vul jou besonderhede in en ons stuur vir jou die besprekingsvorm.

Vir nege van die twaalf maande van die jaar is Namakwaland ’n droë halfwoestyngebied. Die lewegewende reënval verander egter die landskap in ’n toneel uit ’n feëverhaal. Die woestyn word oortrek met ’n digte, welige veldblommetapyt. Dit skep ’n kleurryke landskap om te ontdek, in samewerking met Namakwa Toere. Die getroude sangpaar Willie en Natasha Joubert, toer ook saam om hulle hartsmusiek te deel.

Datum: Saterdag 3 Augustus – Dinsdag 6 Augustus 2019
(4 dae en 3 nagte)
Toerprys: R7 900 per persoon wat deel en R9 500 per persoon vir enkel akkommodasie

TOERPLAN

DAG 1 Ons vertrek vanaf Kaapstad en ry by Langebaan verby na Saldanha, die grootste, diepste en veiligste hawe in Suid-Afrika. Volgende op ons roete is die Weskus se drielingdorpies, Velddrif, Port Owen en Laaiplek. Ons ry ook deur Dwarskersbos, verby Rocherspan en oor die Verlorenvlei voordat ons by Elandsbaai uitkom. Van hier kies ons koers deur die Sandveld na Vanrhynsdorp, waar ons elke aand van die toer by Namaqua Lodge sal oornag.

DAG 2 Ons vertrek vroegoggend deur die Knersvlakte, wat ’n verrassing is omrede die verskeidenheid en getal dwergvetplantjies wat tussen die wit kwartsklippies groei. Ons lê besoek af by die ou kopermyn-dorpies rondom Springbok soos Nababeep, Concordia en Okiep, wat op ’n stadium die rykste kopermyn in die wêreld was.

DAG 3 Ons ry deur die Knersvlakte tot teen die Bokkeveldberge, waar ons die skouspelagtige Vanrhynspas sal bestyg tot bo op die Bokkeveldplato by Nieuwoudtville. Ons sal die dag rondom hierdie pragtige dorpie deurbring en besienswaardighede soos die kokerboomwoud, Nieuwoudtville waterval en gletserspore besoek.

DAG 4 Dit is die laaste dag van ons toer, maar steeds ’n dag propvol opwinding! Ons ry deur die Olifantsriviervallei tot by Clanwilliam, waar ons die Ramskopnatuurtuin op die oewer van die Clanwilliamdam besoek. Die roete neem ons verder deur die Swartland met sy goudgeel kanola- en grasgroen koringlande. Na ’n asemrowende dag word ’n sielsverrykende toer in Kaapstad afgesluit.

OM TE BESPREEK

Vul jou besonderhede in en ons stuur vir jou die besprekingsvorm.