Net Girls-bootreis 2018

Elke vrou kan ’n Supervrou wees!

As jy nou dink: nooit in ’n miljoen jaar nie, moet jy aanhou lees en sorg dat jy saam met drie Supervroue Andriëtte Norman, Dowwe Dolla en Lynette Beer op ons Net Girls-bootreis van
2 tot 5 Maart 2018 klim.

’n Supervrou ...
... maak tyd vir haarself
Jy besef sy verdien ’n breuk – van werkspanning, kinders se huiswerk, wasgoed en kosmaak. Die bootreis is presies so ’n wegbreek, dis jóú bederfnaweek! Jy kan soveel eet soos wat jy wil, ’n luukse kajuit en hoteldiens geniet, saam met vriendinne kuier totdat die son opkom en jy het nie eers selfoonopvangs nie!

... lag uit haar maag uit
Die lewe is nie altyd so ernstig nie en soms het jy net ’n lekker lagsessie nodig om dit te besef! Om te lag verlig spanning in jou gemoed, wat deursyfer na jou werk en jou huis. Die oomblik as jy net die poging aanwend om te glimlag, voel jy reeds ligter. Met Dowwe Dolla aanboord, gaan jy nie anders kan as om uit jou maag te lag nie!

... leer haarself en ander ken
Jy gaan nie van almal hou nie, maar jy kan met almal oor die weg kom, deur jouself en hulle beter te verstaan. Lynette Beer is ’n kenner op verhoudings en leer jou meer oor jouself as wat jy ooit gedink het jy weet. Jy leer ook ander mense verstaan sodat jy beter met hulle oor die weg kan kom.

... voed al haar sintuie
Jou hele lyf werk saam om elke herinnering vir ewig vas te lê. Op die bootreis kan jy na Andriëtte se puik vertonings luister, jy ruik die seelug en sien hoe die golwe teen die boot klots. Jy voel die wind deur jou hare en die sand onder jou voete wanneer jy by die Portugese Eiland afklim. Jy bou die mooiste herinneringe!

lyn_3.png

Ons sien jou op die boot in 2018!
Skakel MSC direk by 011 807 5111 en sê jy wil vir die Finesse bootreis bespreek.
As deel van die Finesse-groep, kry jy ’n geskenksakkie en toegang tot al die vertonings. Indien jy deur ’n reisagent bespreek sal jy nie del wees van die Finesse groep nie.

Jy kan ook aanlyn bespreek deur hier te kliek.
Maak seker jy kliek op die Finesse Cruise, anders gaan jy uitmis op belangrike kommunikasie.

ANDRIËTTE NORMANANDRIËTTE NORMAN
 
DOWWE DOLLA
DOWWE DOLLA
LYNETTE BEER
LYNETTE BEER

lyn_3.png

Lesers sê...

Die bootbelewenis en die herlewing in my siel is van so ’n aard dat ek eintlik net kan jubel... Ek en my drie dogters het ons hartseer oor Corliatjie (ons meisiekind wat ons verlede jaar verloor het) oor die pragtige blou see finaal gegroet.
Cornel Rothmann

DANKIE DANKIE DANKIE dat julle ons die geleentheid bied om ’n bietjie weg te kom, te ontspan en opnuut pitkos vir die siel te kry. Ons het gelag, so hier en daar ’n traan-in-die-oogoomblik gehad, en opnuut “stil” geraak en besin oor ons Kind-van-God-wees; vrou-wees; mamma-wees en vriendin-wees. Die bekendes was uitstekend en ons het reeds boodskappe uit die God is Groot-boek gekry wat ons altyd sal bybly. Dankie Finesse vir herinneringe en dat julle in ons lewe belê.
Leandré Olivier & Bianca Kriel

lyn_3.png

Foto's en videos van ons vorige reise:
Net Girls-bootreis 2017 foto-album
Net Girls-bootreis 2016 foto-album
Net Girls-bootreis 2015 foto-album

 

Website Security Test