Bunny chow met ’n kinkel

0
55
bunny_chow_resep.jpg

Hierdie heerlike, maklike bunny chow resep is perfek vir herfs of selfs die heerlike lekker koue, reëndae wat vir ons voorlê in die winter.

Hierdie heerlike, maklike bunny chow resep is perfek vir herfs of selfs die heerlike lekker koue, reëndae wat vir ons voorlê in die winter.

(Maak 2 porsies)

Vir die brood

1 heel brood
100 g botter
1 teelepel vars knoffel puree

METODE
Sny brood in die middel deur.
Sny korsies af.
Meng botter en knoffel goed deur.
Smeer al vyf kante van elke halwe brood waar korsies afgesny is liggies met knoffel botter.
In ‘n warm pan rooster die brood op die vyf kante met die knoffel botter op (rooster elke kant 2 keer met die riffelpan se lyne in verskillende rigtings om ‘n mooi rooster patroon te vorm).

Vir die Vulsel
250 g lamsvleis sonder been in blokkies gesny van so 2cm by 2 cm (kan ook vervang word met bees)
50 g koekmeel
500 ml bees- of lamsaftreksel
1 groot ui, fyngekap
Halwe groenrissie, fyngekap
2 heel ryp tamaties, fyngekap (skil verwyder)
1 pakkie tamatie puree
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel Worcestersous
50 ml rooiwyn asyn
2 teelepels paprika
1 eetlepel bruinsuiker
0.5 teelepel russie flokkies gedroog
0.5 teelepel rooipeper
2 teelepels gemmer poeier
2 teelepels soet basiliekruid
0.5 teelepel roosmaryn
1 teelepel origanum

METODE
Gooi alle droë bestandele by mekaar en meng goed deur.
Meng alle nat bestandele saam in bak en sit eenkant neer.
In ‘n plastiek sak skud die blokkies vleis en meel saam, skud die orige meel af .
In ‘n platboom swartpot (moet in jou oond pas), braai jou vleis tot goudbruin oor matige hitte op die stoof, gooi uie by en braai tot uie karamaliseer.
Verwyder pot van hitte en voeg dan nat en droë bestandele asook tamaties en groenrissie  by en roer goed deur.
Sit deksel op pot en plaas in oond op 180 grade vir 2 ure tot sag. Sit terug op stoof en met deksel af kook verder op matige hitte tot sous dik raak.

Vir die garnering

Uie Ringe
1 groot ui, in dik ringe gesny
1 bier
1 koppie bruismeel
Fyn sout en peper na smaak
750ml olie (sonneblom olie)

METODE
In ‘n mengbak sif meel sout en peper saam, voeg bier dan stadig by.
Beslag moet nie te dik of dun wees nie, dit moet taai maar loperig wees.
In ‘n klein diep pot maak olie baie warm.
Doop uie ringe in beslag en diep braai tot goud bruin.

Koolslaai (Kan lank voor tyd gemaak word tot 2 dae)
100 g groenkool, dun gesny
100 g rooi kool, dun gesny
1 teelepel mosterd poeier
1 koppie mayonaise
3 eetlepels kondensmelk
2 eetlepels wit asyn
1 teelepel uie sout
Sout en peper na smaak

METODE
Meng alles saam en laat staan.
 

SJ Koortzen van Kgalagadi Lodge restaurant in die Kalahari, deel ‘n eg Suid-Afrikaanse dis met ‘n moderne kinkel.

Besoek gerus www.kgalagadi-lodge.co.za vir meer inligting of om ‘n bespreking te maak by die restaurant.

 

 

DEEL
Vorige artikelKommandowurms neem oor
Volgende artikelKropslaaiskywe met ’n romerige bloukaassous
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.