http://www.narea.org/ssfm/high-roller-casinos.html online blackjack play for money top usa online casino gambling sites that accept us credit cards other information casinos that accept Western Union play online roulette best paying casino bonus online slot machines
bydraes / 0 new
Laaste bydrae
Lekkerste vakansie

Wat was jou lekkerste vakansie as kind en waarom?

Lourette (anoniem)
besoeker's picture
Swellendam

As kinders was ons altyd by my ouma en oupa in Swellendam. Daar was 'n groot water sloot voor hulle huis waar ons altyd boot resies gehou het met ou jogurt koppies en roomys stokkies. En ons was altyd bedrywig saam met my oupa in sy groot groente tuin agter die huis en kwekery toe saam ouma. Ons het die hele dorp plat gestap. winkel toe en terug net waarheen ons wou. Ek is so bang dat my kind dit nie eendag gaan ken nie...

Marlize van Zyl (anoniem)
besoeker's picture
Lekkerste vakansie

Ons het elke Julievakansie na Badplaas gegaan.
Wat dit so lekker gemaak het - My pa het sy bonusgeldjies daardie tyd gekry en ja ons kon alles "nuut" kry van kostuums, skoene en selfs klere.  Ons het van die karavaanstaanplekke gebruik gemaak.  Ons het een spesifieke plek gehad waar ons gestaan het - op die punt van die terrein en het so oor die vlaktes uitgekyk.  Ons het as gesin van 5 speletjies gespeel, elke dag net lekker gekuier, natuurlik baie geswem en soms rondgery na die naby geleë besienswaardighede.
 
Hierdie is 'n vakansie wat vir my uitgestaan het.

McLaren (anoniem)
besoeker's picture
vakansies

My ouma het op Calitzdorp gewoon in 'n groot huis op 'n koppie. Langs die koppie was ook 'n koppie waar ons gaan klim het en botterboom gery het. Daar was ook 'n appekoosboom waaraan ons geplunder het.  As ons op die stoep gestaan het, het jy afgekyk op wingerde en perskebome.  Daar was ook 'n spruitjie in die skadus van 'n moerbeiboom waarin on alte lekker afgekoel het in die karoo hitte en ook die boom sommer gestroop het. die lekkerste was my tannie se droe vrugte en melkterte. Daar was net 'n koolstoof waarop sy die lekkerste kos gekook het, praat nie van die nageregte nie!  Daardie vakansies sal ek altyd onthou!

Cornel Havenga (anoniem)
besoeker's picture
Lekkerste vakansie - seevakansie in Oos Londen

Ek sal daardie vakansie nooit vergeet nie.  Dit was my heel lekkerste vakansie ooit.  Ek was ses of sewe jaar oud. 'n Seevakansie in Oos Londen.  Ons het elke dag geswem, roomys geëet, in die aande by 'n hotel gaan eet, waar ek mooi die opvoeding ontvang het van hoe werk al die mense en vurke!!!... maar elke aand was spesiaal want dit is waar ons so al langs die see geloop op die geplaveide paadjies as gesin, en dit was nie gevaarlik nie.  Ek sal dit nooit vergeet nie, dit is 34 jaar later ek sal wat wil gee om dit net weer een keer te kan ervaar.
 
 
 
 

Carien Burger Visser (anoniem)
besoeker's picture
VAKANSIE

My lekkerste vakansies was - YZERFONTEIN WESKUS!!!  Die hele familie was saam in Die Hange van waar ek kan onthou!!  Partymaal was ons tot 30 wat Kersfees so saamgekuier het!!  My pa het altyd melktert gemaak vir Kersfees en my ma het hoenderpastei gemaak.  Dit was een groot lekkerte. Ons het altyd reg onderkant Die Hange gaan vissies vang met swart mosselskulpe.  Ons was so 5 bymekaar - ouderdomme van 4 - 6!  My ma sou dan op die balkon staan en net een fluit gee!  Dan moes ons weet dit is etenstyd!   Dit was eenvoudig net 'awesome' dae!  Toe is Die Hange verkoop en kon ons net vir 'n dag op die strand wees.  Ek onthou dat ek toe Hoërskool toe is in die Paarl (Darling het net tot St 7 gehad) en in matriek het ek toe vir die eerste keer in lang tyd weer op Yzerfontein gaan SWEM!!!  Ek was so lank in die water dat my ma my brandewyn moes voer want ek het kouekoors gehad!!!!  Sal dit nie vergeet nie!!  O ja, dit was in die laat vyftigs en vroeg sestigs. My ma se broer en sy vrou het later daar afgetree en bly nog steeds daar naby Die Hange!  

Deel jou kommentaar

Filtered HTML

  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <blockquote> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

Plain text

  • No HTML tags allowed.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Lines and paragraphs break automatically.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Sleutel die karakters in wat vertoon word.