De-neut-en-lemoen-bruintjies

Lewer 18 koekies | Tyd: 30 minute

BESTANDDELE

• 126 g botter, in blokkies gekap
• 100 g donkersjokolade, gekap
• 140 g bruinsuiker
• 2 groot eiers
• 90 g koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 45 ml kakaopoeier
• skil van een lemoen, fyngekap
• 80 g pekanneute, gekap
Bolaag
• 200 g donkersjokolade, gekap
• 80 ml vars room

METODE

1 Verhit die oond tot 180 oC. Voer ’n vierkantige bakpan met bakpapier uit.
2 Plaas die botter en sjokolade in ’n klein kastrolletjie en roer tot die sjokolade en botter gesmelt en glad is.
3 Meng die suiker en eiers en voeg dan die meel, bakpoeier, kakaopoeier en lemoenskil by en meng goed.
4 Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak ongeveer 15 minute. Laat staan om goed af te koel.
5 Bolaag: Plaas die sjokolade en room in ’n klein kastrolletjie en roer oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt en glad is.
6 Keer die koek om uit die pan, gooi die bolaag oor en sny in skywe.

 

Website Security Test