Deel jou geloofstorie

Vroue se geloofstories is kragtig. Vertel joune en inspireer ander vroue, vra Natasha Joubert, Alta Strauss, Clarice Pieterse en ander.

Elkeen het iets om te vertel. Soms gebeur daar ’n wonderwerk wat jou asem wegslaan. Dalk is jy deur trauma, maar Hy het jou gedra. Miskien is jou gebed na jare verhoor. Jou storie het dalk nie eers ’n gelukkige einde nie, maar jy ervaar Sy nabyheid elke dag...

Seker die belangrikste storie is hoe jy jou geloofspaadjie gestap het tot nou. Tien bekende vroue wil hulle stories vir die hele wêreld vertel en daag jou uit om dit ook te doen.

Jou storie maak vir ander vroue saak

Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” (Jes. 52:7).

Ons mag nie stilbly oor dít wat God in ons lewens doen nie!
My Geloofstorie is ’n oudio- en videoplatform waar jy van God se goedheid kan getuig en in die proses ’n impak op ander vroue se lewens maak.

Vroue het almal dieselfde uitdagings en behoeftes en kan mekaar die beste met hartsake bystaan. Deel jou getuienis met duisende ander vroue. Jou mooi storie of selfs jou hartseer storie met ’n gelukkige einde kan iemand anders inspireer, bemoedig en hoop gee.

lyn_3.png

Neem jou storie met jou slimfoon op

Vandag inspireer ons mekaar deur video- en oudio-opnames. Om te sien en te hoor hoe iemand haar storie vertel, het ’n groter uitwerking as om dit net te lees.

Gebruik jou slimfoon en laai jou storie een, twee, drie op:
• Kliek op “Laai Jou Video” of “Laai Jou Oudio”.
• Vul die vorm in om gratis te registreer.
• Laai jou geloofstorie op in die kategorie van jou keuse.

Deel nou jou storie met jou vriendinne op Facebook en tag die Finesse Voelgoed Tydskrif-bladsy deur ’n @-teken vooraan te tik.

Laai jou geloofstorie teen 6 Augustus op mygeloofstorie.co.za.

Ons gee weekliks ’n Seënarmband (waarde R150) weg vir die storie wat lesers die meeste geïnspireer het.

 

 

Website Security Test