Doen jou deel vir Miracles

 

Hierdie Kersfees kan jy ’n behoeftige gesin se las verlig!

Die Kompas Gemeente in Vanderbiljpark se jaarlikse liefdadigheidsprojek, Miracles, is weer in volle swang. Op Sondag 18 Desember hou dié gemeente ’n Nagmaalsdiens vir 600 behoeftige mense by die kerk. Gesinne gaan dan met kos, klere, geskenke, Bybels en boeke bederf word.

Finesse ondersteun vir die tweede jaar hierdie projek en ons nooi jou uit om dieselfde te doen.

Vrywilligers word vir die volgende take benodig:

  • • hulp om vooraf kontak met hierdie gesinne te maak
  • • hulp om hierdie gesinne op 18 Desember na die diens aan te ry en weer na die tyd terug te neem huis toe
  • • Hulp vooraf met die sortering en verpakking van die kos, klere en geskenke

 

Die volgende goedere of produkte word benodig:

  • • Somersklere vir mans, dames en kinders (alle groottes)
  • • Varsprodukte soos broodrolletjies, boerewors, tamatiesous en mosterd vir die broodrolletjies
  • • Kosvoorraad soos blikkieskos, pasta, rys, koffie, tee, sout, suiker, koekies, lekkers, soja, pakkies sop, beesvleis en vis

 

Kontantskenkings kan direk in die Kompas Gemeente se bankrekening inbetaal word:
Kompas Gemeente
FNB
Takkode: 250655
Rekeningnommer: 62609813846
Verwysing: Miracles 2016

Besoek www.kg.org.za vir meer inligting oor Kompas Gemeente. Navrae oor die projek: Koos Jooste op 016 004 0016 of koos@kg.org.za.

 

 

 

Website Security Test