Donker swaar jasse

hoop

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet terugkom op die plek
Waar rykdom en aardse besittings
Nie soveel waarde dra

Want soveel dinge wat waarlik waarde dra
Het dit verloor sê Abba
In die kinders van hierdie wêreld
Se soektog na aardse gewin

Liefste kinders
Hierdie wêreld en sy dinge
Dit is als ‘n gejaag na wind
Ek wil herstel die hemelse vreugde wat jy in elke dag kan vind

Ek weet sê Abba
Die laste van hierdie wêreld raak swaar
Ek sien hulle hang soos donker swaar jasse
Oor die harte en lewens van My kinders

Hierdie wêreld en sy gejaag na niks
Het dit oor die skouers van My kinders gehang
Liefste kinders as julle net kon sien
Die groot begeerte in My hart om alles vir julle beter te maak

Donker swaar jasse is nie van My nie sê Abba
Dis nie My hart om julle konstant onder ‘n juk te hou
Beloof My Woord dan nie liefste kinders
My juk is sag, My las is lig

Geen las wat jy ooit saam met My sal dra
Kan met ‘n aardse een vergelyk
Die laste van hierdie wêreld is om al die lug uit jou longe te pers
Myne is altyd om nuwe hoop aan jou te gee

Nuwe hoop sê Abba
Dit is altyd My hart
Sal jy toelaat liewe kind
Dat die vrede en plan van Bo jou hart en wese vul?

Dit is wat Ek vir jou wil doen
Liefste kind
Ek wil alles wat mooi en vreugdevol is vir jou gee
Wil jy nie kom en My teenwoordigheid in jou lewe kom geniet?

Ek praat met die wat vêr is sê die Heer
Net soos Ek praat met die wie naby is
Kom nog ‘n bietje nader
Nog ‘n bietjie nader aan My

‘n Mens kan nooit te naby aan My wees nie sê Abba
Of te lief vir My
Altyd is daar meer
My bronne bly onuitgeput.

#GodSePlanneVirOnsLewensIsBeterAsOnsSn #GloGod #VertrouHom #GeeOor #SoekSyWilVirJouLewe