Donkersjokolade-en-lietsjie-muffins

muffins

Lewer 12 muffins.

BESTANDDELE

240 g koekmeel, gesif
15 ml bakpoeier, gesif
5 ml sout
125 ml sonneblomolie
2 groot eiers
125 ml Griekse jogurt
125 ml lietsjiesap
375 ml lietsjievleis
250 ml donkersjokoladesnippers

METODE

1.    Stel die oond op 200 °C. Smeer ’n muffinpan met 12 holtes liggies.
2.    Meng al die bestanddele in ’n mengbak tot net gemeng.
3.    Maak elke holte tot bo vol met die mengsel. Bak tot goudkleurig, ongeveer 20-25 minute.
4.    Haal die muffins uit die pan en laat afkoel.

VARIASIES

•    In stede van die donker sjokolade kan jy gewone melk-sjokolade gebruik.
•    Strooi ʼn bietjie versiersuiker oor na die muffins af gekoel is vir ʼn soeter muffin.
•    Sou jy nie hou van die versiersuiker nie kan jy altyd room klop en dit saam voorsit vir ʼn meer dekadente muffin.

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test