Eg is mooi

Finesse vier vanjaar vroue met gestremdhede, van verlore ledemate tot ’n mastektomie!

Finesse wil jaarliks gedurende Vrouemaand erkenning gee aan inspirerende vroue – vroue wat gewoonlik deur die media misgekyk word. Nomineer dié jaar jou gunstelingvrou met ’n gestremdheid!

Dis verfrissend om iemand te ontmoet wat dapper genoeg is om net haarself te wees. Augustus is Vrouemaand en ons nooi jou uit om saam met ons ongelooflike vroue te vier wat ons inspireer om die wêreld ’n beter plek te maak. Vroue wat nog nie ’n probleem teëgekom het wat hulle nie kon oplos nie. Vroue wat armoede beveg, wat oor grense heen ’n verskil maak, wat die mode herskep, lewens red en meer.

Hierdie jaar is die tema Eg is Mooi, wat fokus op vroue met een of ander gestremdheid.

Ons wil hierdie vroue vereer!

Is daar ’n vrou in jou familie, vriendekring of by die werk wat ’n ledemaat verloor het, in ’n rolstoel is of selfs ’n mastektomie ondergaan het, maar nie toelaat dat daardie dinge haar onderkry nie?

Vertel ons hoe sy jou inspireer. Miskien bewonder jy hoe sy haar eie lewe hanteer, of dalk maak sy ’n groot verskil in die gemeenskap.

In Vrouemaand gaan ons ’n paar van hierdie vroue vereer. Saam met Jana, Martelize en Wilma vertel hulle hoekom dit belangrik is om getrou te bly aan jouself en waarom jy nie iemand kan kritiseer op grond van hoe hulle lyk nie.

lyn_3.png

WIE WIL JY GRAAG NOMINEER?

JOU BESONDERHEDE:

PERSOON WIE JY NOMINEER SE BESONDERHEDE:

Jou dokument moet kleiner as 2 MB wees.
Tipe dokument: gif jpg jpeg png.

 

lyn_3.png

Eg is Mooi-spogtee
Saterdag 16 September by Monte de Dios in Pretoria

Die Eg is Mooi-spogtee is ’n glansoggend waar jy saam met ons inspirasie-vroue kan vier – dié vroue wat hulle nie deur ’n gebrek laat onderkry nie en bewonder word vir wie hulle is.

KLIEK HIER om te bespreek

In samewerking met RSG

IFM Radio Kompas Gemeente

lyn_3.png

Website Security Test