#EkwilEkkanEksal-konferensie

Jim Rohn het gesê: “Jy moet persoonlik verantwoordelikheid aanvaar. Jy kan nie die omstandighede, die seisoene of die wind verander nie, maar jy kan jouself verander.”

Dis tyd. Dis tyd om op jóú te fokus en die totale verantwoordelikheid vir jou lewe te aanvaar. Hierdie konferensie bring vyf kenners wat sal seker maak 2017 is jóú jaar.

 

Dink ’n bietjie oor jou lewe en kyk na die mense om jou. Is jy (en hulle) gelukkig? Beleef jy op die oomblik balans, skoonheid en tevredenheid? Het jy die dinge wat jy graag wil hê? Is jy fiks, gesond en sonder pyn? Is jy besig om te verbeter op al die terreine van jou lewe? As dit nie die geval is nie, moet iets verander – en net jý kan daardie eerste stap neem.

Lees meer >>

lyn_3.png

Daarom is hierdie konferensie vir jou

Ons het spesifiek aan hierdie oplossing vir jou gedink, want ons glo:
Jy weet nie altyd presies wat jy nou eintlik wil hê nie!
Jy bekommer jou oor die toekoms en jy is bang om die aksiestappe te neem om die lewe te skep wat jy begeer.
Jy is gereed om ’n geloofsprong te neem en in jou persoonlike en professionele ontwikkeling te belê.
Nee, probleme verdwyn nie oornag nie, maar die #EkwilEkkanEksal-konferensie bied hulp wat jou sal bystaan op hierdie reis na ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe.

lyn_3.png

Skryf jou eie storie

Almal sal saamstem dat dit ’n goeie idee is om oor jou lewe te skryf, maar dis glad nie ’n maklike taak nie! Waar begin jy? Wat los jy uit? Dit raak so ingewikkeld dat mense dit liewer los.

Die gratis Ek wil. Ek kan. Ek sal-boek is ’n boek met ’n verskil – dis nog nie geskryf nie! Ons bied jou die geleentheid om jou eie storie vir 50 weke neer te skryf, een onderwerp op ’n slag. Die bladsye is spesifiek so ontwerp dat jy daarin kan skryf, met aanhalings om jou gedagtes te stimuleer en vrae om jou aan die dink te sit. Na ’n jaar sal jy jou eie lewensverhaal hê wat jy met almal kan deel!

lyn_3.png

Bespreek nou

DATUM: Saterdag, 18 Februarie
PLEK: Lewende Woord-gemeente in Centurion (h/v Lyttleton en Adam Tas Straat, Clubview, Centurion, 0184.
TYD: 08:00 - 15:30 (Registrasie vanaf 07:30)

KAARTJIES IS ONGELUKKIG UITVERKOOP.

lyn_3.png

In samewerking met:

 

lyn_3.png

Vul asseblief jou e-posadres in indien jy belangstel om in die toekoms hierdie werkswinkel by te woon.

Website Security Test