Byeenkoms vir 4:12 Meisies

Meisies kan ’n verskil maak! Johan Smith, Gretha Wiid en Janine Truter gesels met meisies oor hulle harte, die wêreld en die belangrikheid van hulle roeping.

Negatiewe stereotipes oor jongmense is ’n probleem. Ons hang soms etikette soos onverantwoordelik, roekeloos, rebels of ongemanierd om ’n meisie se nek. Selfs met haar opinies en soms vreemde gedrag is hierdie meisie egter steeds in ’n positiewe rigting op pad.

Meisies kán ’n verskil maak

Jongmense is op soek na ’n plek in die wêreld waar hulle kan saak maak. Kampe en praatjies fokus dikwels op alles wat hulle nie moet doen nie, in plaas van om met hulle te praat oor wat hulle moet doen.

Jou dogter is op ’n ouderdom waar sy baie vrae het en waar daar dikwels op haar neergesien word, maar dit beteken nie dat sy nie die vermoë of potensiaal het om ’n verskil te maak daar waar sy is nie!

Die meeste meisies kry nie die tools, leiding en waarheid wat hulle nodig het om ’n verskil te maak nie. Hulle voel dikwels alleen, verlore en minderwaardig en is honger vir iets méér, maar het nie ’n idee waar om te soek nie.
Die hartseer is dat daardie soeke ’n gaping laat wat deur een of ander wêreldse ding gevul gaan word as hulle nie die regte leiding kry nie.

Lees meer >>

lyn_3.png

Wie tree almal op?

GRETHA WIID
 
JANINE TRUTER
 
JOHAN SMITH
 
ANTHONIE BOUGAS    

lyn_3.png

Bespreek nou

DATUM: Saterdag 25 Maart
PLEK: Kerksondermure, Centurion
TYD: 09:00–16:00
OUDERDOM: Meisie vanaf 14-17 jaar.

Slegs R100 p.p. (i.p.v. R150)
indien jy voor 13 Februarie bespreek.

KLIEK HIER om jou kaartjie te koop

 

In samewerking met Radiokansel.

 

 

Website Security Test