FINESSE/NWU NetMatrieks-bootreis 2016

Jou kind skryf matriek en sien opgewonde uit na die hoogtepunt – ’n wegbreek saam met maats. Jou bloed stol egter by die blote gedagte. Maar FINESSE het ’n plan.

Die dae tot jou kind Matriek is word min. Slapelose nagte teister jou veral oor die groot wegbreek wat jou kind saam met maats beplan. Jy ril by die gedagte aan deurnagpartytjies op straat, tieners wat drank misbruik en dwelms wat aan jongmense afgesmeer word. Die ergste is die gedagte aan dronk bestuurders of dat jou kind self agter die stuurwiel kan inskuif na ’n paar biere. FINESSE vertel jou graag van ’n baie opwindende veilige wegbreek vir matrieks.

DIT IS ONS #NETMATRIEKS BOOTREIS

Dis die avontuur van die jaar vir elke jong meisie en ou, maar met heelwat meer gemoedsrus vir jou as ouer. Laatnagpartytjies onder die sterre, ’n middernagfees met pizza langs die swembad, nuwe belewenisse op ’n eksklusiewe eiland, maar alles onder toesig en met streng sekuriteit.

Hierdie feestelike geleentheid vind plaas vanaf Maandag 5 Desember tot Vrydag 9 Desember op die MSC SINFONIA. Ons vaar van Durban na die Portugese eilande en Maputo.

KLIEK HIER vir die foto's.

lyn_3.png

LEES DIE ONDERSTAANDE INLIGTING OOK NOUKEURIG DEUR:

Spesiale afslag is geldig, maar let asseblief daarop dat die afslag sal verminder namate die boot voller raak. Hoe gouer jy dus bespreek en ʼn deposito betaal, hoe goedkoper sal die bootreis wees.

Die #NetMatrieks pakket is nie opsioneel nie en almal wat op die #NetMatrieks bootreis wil gaan moet hierdie addisionele opsie kies. Die ekstra fooi van R250 p.p. verseker dat jy toegang het tot die sprekers se optredes, aktiwiteite aanboord en die #NetMatrieks geskenkpak.

As deel van die #NetMatrieks pakket kry jy die volgende:
ʼn Kaartjie na Bouwer Bosch & Leandie du Randt se aanbiedings in die teater
ʼn #NetMATRIEKS-geskenkpak met jou T-hemp, ‘n boek en ander verrassings van ons borge
Akkommodasie in die kajuit wat jy bespreek het
Drie etes daagliks, plus middernaghappies
#NetMATRIEKS - partytjies
Teater vertonings
Toegang tot die “klub”
Alle speletjies en daaglikse aktiwiteite
Aërobiese oefeninge en gimnasium

Die volgende is UITgesluit/ nie by die prys ingesluit nie:
Reiskoste na en van Durban
Alle drankies op die skip, asook ander aankope bv geskenke, sjokolade parfuum ens.
Hawebelasting, bagasieversekering en diensfooie

Belangrik om te weet:
Jy moet ‘n paspoort hê om na die Portugese eilande te reis, maar jy kan nou al bespreek en dan aansoek doen en die paspoortnommer net later deurgee aan MSC. Solank jy net die paspoort het ses weke voor ons vertrek.
Jy MOET 18 jaar en ouer wees!
Dit is nie nodig om geld te ruil vir Amerikaanse dollars, want op die boot werk jy met ʼn vaartkaart. Jy betaal geld in daarop en oral swipe jy net die kaart as jy iets betaal. Dit is baie veilig. Op die eilande sal die vaartkaart nie werk nie, maar Suid-Afrikaanse rand word oral aanvaar. Jy moet ʼn minimum van R1000 inbetaal op jou vaartkaart, maar kan dit wat jy nie gebruik nie weer terugkry na die bootreis.

 

kommentaar (23)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test