Gemmerkoekiegebak

10 min. + baktyd 40 min.
1 groot gebak

BESTANDDELE

500 g gestoomde en
fyngemaakte botterskorsie of patat
300 g amandelmeel
50 g tahini-botter (sesamsaadbotter)
2 t koeksoda
2 t kaneel
4 t gemaalde gemmer
1 t naeltjies
1 t sout
1 t vanillageursel
2 e molassestroop
3 e rou heuning
3 groot eiers
sesamsaad, heuning en kaneel vir garnering

METODE

1. Stel die oond op 200 °C. Berei ’n tertpan voor met kleefsproei.
2. Meng al die bestanddele behalwe die eiers in ’n mengbak totdat die gemmer egalig versprei is.
3. Klits die eiers apart tot lig en skuimerig.
4. Voeg by die mengsel en klits teen ’n hoë spoed vir 40 tot 60 sekondes.
5. Giet in die tertpan en gebruik ’n mes of lepel om dit egalig te versprei.
6. Garneer met die sesamsaad, heuning en kaneel.
7. Bak vir 40 minute tot gaar en bros aan die bokant.
8. Garneer met sesamsaad en ’n skeut heuning. Besprinkel met kaneel. Sit warm of koud voor.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.