Geroosterde kaalperskes met heuning en amandels

Genoeg vir 4 | Tyd: 25 min

BESTANDDELE

• 60 ml heuning
• knippie fyn kaneel
• 6 kaalperskes, middeldeur gesny
• 20 ml water
• 60 ml geroosterde amandelvlokkies
Kardemomroom
• 125 ml room
• 10 ml strooisuiker
• knippie fyn kardemom
• paar druppels vanieljegeursel

METODE

1 Smelt die heuning en kaneel saam en smeer dit mildelik oor die perskehelftes.
2 Verhit ’n riffel- of braaipan en braai die perskehelftes, met die gesnyde kant na onder, vir 2 tot
3 minute. Voeg die oorblywende heuningmengsel en water by en braai vir nog een minuut.
3 Laat 3 perskehelftes per persoon toe en rangskik dit op ’n bord.
4 Gooi die oorblywende vloeistof in die pan oor die vrugte en sprinkel die amandels bo-oor.
5 Sit voor met ’n skep kardemomroom.
Vir die kardemomroom
6 Klits die room tot ferm en vou die strooisuiker, kardemom en vanieljegeursel in.

 

Website Security Test