Geroosterde varkvleis met salie en mosterd

0
21
geroosterde_varkvleis.jpg

Genoeg vir 4 | Tyd: 40 minute

Genoeg vir 4 | Tyd: 40 minute

BESTANDDELE

• 30 ml olyf- of avokado-olie
• 30 ml botter
• 2 varkfilette
• sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
Sous
• 8 vars salieblare
• 250 ml hoenderaftreksel
• 30 ml Dijon-mosterd
• 125 ml suurroom

METODE

1 Verhit die olie en botter in ’n braaipan en soteer die varkfilette aan albei kante tot deurgaar en goudbruin aan die buitekant, ongeveer 25 minute. Geur goed, sny in dik snye en hou eenkant tot benodig.
2 Maak die sous: Plaas die salieblare en hoenderaftreksel in dieselfde pan waarin die vleis gaargemaak is. Bring tot kookpunt en roer goed om enige stukkies vleis los te maak wat aan die boom van die pan kleef. Syg die sous deur ’n sif en gooi die stukkies weg.
3 Giet die deurgesygde sous in ’n skoon pan, roer die mosterd in en laat prut tot effens verdik.
4 Plaas die varkfilette in die sous en roer die suurroom in. Laat prut tot deurwarm en sit dadelik voor met groente of ander bykosse van jou keuse.

 

DEEL
Vorige artikelAs ‘n huis verdeeld is…
Volgende artikelWerk v. plesier: Hoe kry ek balans?
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.