Gesoute snoekpoffertjies

0
50
snoekpoffertjies.jpg

Genoeg vir 6

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

250 g gesoute snoek
50 ml melk
vars uitgedrukte suurlemoensap
45 ml koekmeel
10 ml water
1 eier
15 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 salotte, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
15 ml pietersielie, fyngekap

METODE

1 Verwyder die vel en grate van die vis en vlok die vleis in ’n mengbak.
2 Giet die melk en ’n skeutjie suurlemoensap oor. Laat die gevlokte vis ongeveer ’n uur in die mengsel lê voordat jy dit dreineer.
3 Berei die beslag voor deur die meel, water, eier en olyfolie te meng en dit met ’n knippie sout en peper te geur. Voeg ook die salotte, knoffel en pietersielie by die beslag en meng goed om al die geure bymekaar te bring.
4 Vorm klein, ronde visballetjies wat jy eers in meel en dan in die beslag doop.
5 Diepbraai dit in warm olie tot goudbruin en heerlik bros. Dreineer op papierhanddoek en sit onmiddellik voor.

Wenk
Dis belangrik om die soutvis af te spoel en te laat week voor gebruik. Om dit te doen, moet jy eers die soutvis onder koue, lopende water afspoel om alle tekens van sout op die oppervlak te verwyder. Plaas dan die vis in ’n ruim bak en bedek met koue water. Laat die vis 12-24 uur lank week, afhangende van hoe dik dit is. Die water moet minstens 4 tot 5 vervang word. Voordat jy die gereg berei, proe eers ’n paar stukkies vis om seker te maak dis nie te sout nie.

Het jy geweet?
Pataniscas, soos die poffertjies in Portugal bekend is, se oorsprong lê glo in die Algarve in die suide van die land. Daar is verskeie variasies op hierdie gereg en dit kan na wense verander word, byvoorbeeld deur kabeljou pleks van gesoute snoek te gebruik.

 

 

DEEL
Vorige artikelEetplan
Volgende artikelBekommerd
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.