HOE OM vir hom te skyn - LYNETTE BEER

HOE OM… Vir Hom te skyn

Die lewe maak soms onverwagte draaie en jou geloofsvlammetjie brand later flou. Jou lewe het egter steeds betekenis, ongeag jou omstandighede, sê LYNETTE BEER.

Kleintyd sing ons met oorgawe: “Hierdie klein liggie van my, ek sal hom laat skyn.” Namate jy ouer word, kom jy agter dis nie altyd maklik om jou liggie te laat skyn nie. Mense maak jou seer. Die lewe maak jou seer. En jy maak jouself seer deur die verkeerde keuses te maak. Jou vlammetjie brand só laag dat jy dink vergifnis is onmoontlik; God kan jou nie meer gebruik nie. Dit is egter net ’n gevoel, dis nie die waarheid nie.

Hy skryf jou nie af oor jou foute nie

Die Bybel vertel van geloofshelde wat ook verkeerde besluite geneem het, ook hulpeloos en hopeloos gevoel het. Partykeer was hulle mislukkings so groot dat God amper die reg gehad het om Sy rug vir hulle te draai.

Dit is egter allermins wat gebeur het. Vir Hom gaan dit oor verhoudings en verlossing. Jesaja sê dat Hy nooit ’n lamppit wat dof brand, sal uitdoof nie.

Gaan ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die grootste geskenk wat ek deur Francois se dood gekry het, is die bevestiging van God se bestaan. Die tekens was duidelik. Bly glo in ...

Voel jy jy kan net nie meer byhou nie, omdat jy te besig is? Ongelukkig? Dit is belangrik dat ons positief moet wees ten spyte ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!