Israel 2017 - Genade en genesing

Finesse bied vir die eerste keer tien dae van wonderwerke in drie Bybellande aan! Kom saam met Liesel en Siebert Wiid in die antieke wêreld tot rus.

’n Bybeltoer is baie anders as ander toere. Dit raak aan jou hart wanneer jou Bybelbladsye lewendig word. Soos jy deur die moderne stede en ou bouvalle stap, gaan ’n wêreld van kulture en gebruike in ’n mosaïek van mense en plekke oop.

Jy sien in die bouvalle hoe generasies laag na laag op mekaar se fondasies gebou het. Jy ruik die minerale van die Dooie See. As jy vir ’n oomblik jou oë toemaak, hoor jy weer hoe sterk slawelywe aan die Egiptiese piramides bou. Of hoe Jesus in die stofpaaie afstap.

Ons besoek ook Egipte en Jordanië

Die Genade en genesing-toer is ’n unieke wegbreek. Ons kombineer die Israel-belewenis vir die eerste keer met Egipte en Jordanië! In elk van hierdie lande sien ons een van die sewe wonders van die wêreld.

Jy sal natuurlik al die bekende landmerke besoek, soos die Dooie See, die See van Galilea en Jerusalem. En ook die omliggende dorpe soos Kapernaum en Bethlehem, die berge Karmel en Masada, die tuin van Getsemane en die Berg van Saligsprekinge.

Beleef hoe dit is om in Moses se spore te stap toe hy die volk uit Egiptiese slawerny gelei het. Oornag dan by die heilige berg Sinai, waar God met hom gepraat het en hy die Tien Gebooie ontvang het.
Op die kruin van Sinai hou ons douvoordag Bybelstudie en beleef die sonsopkoms oor die woestyn – nes Moses dit beleef het! Hier bly ons ’n ekstra nag oor vir ’n eg Arabiese ervaring in die woestyn.

Ons kan nie anders as om die grens na Jordanië oor te steek en ook Petra te besoek nie. Dié stad is uit rots gekap en was byna onbereikbaar duisende jare gelede. Bring maar jou stapskoene saam, want ons stap ’n kort wandelpad.

In Egipte kry jy ’n egte brandende-bos-ervaring. Ons raak stil en laat onsself sommer aan die begin van die toer stroop van al daardie dinge wat ’n mens se onderbewussyn so besig hou. Hierdie is die Genade en Genesing-toer en jy verdien om vrede te vind en werklik ’n ontmoeting met Hom te hê terwyl jy in Sy wêreld beweeg.

Dalk het jy nog onopgeloste spanning wat by die werk vir jou wag, persoonlike dinge wat pla of sukkel jy met baie vrae en ’n seer hart. Hier vra ons vir genesing en vir die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Daar is seker nie ’n beter manier om God te ontmoet nie!

Vaar in ’n skuit soos die dissipels

As daar een plek is wat oor honderde jare niks verander het nie, is dit die See van Galilea. Die groot hoogtepunt van die toer is die bootvaart in ’n skuit soos dié waarin Jesus en Sy dissipels gevaar het. Hierdie bootvaart is uniek: Die kleredragtema is dié van Bybelkarakters en Liesel gaan ’n baie spesiale diens op die boot hou oor die vermeerdering van die vissies en die brode. Dis immers in hierdie omgewing dat die bekende wonderwerk plaasgevind het.

lyn_3.png

’n Toer na die Bybellande verander jou lewe, genees jou hart en versterk jou geloof. Jy kan nie anders as om geestelik vernuwe terug te kom nie.

Die toer datum is 27 September tot 9 Oktober 2017.

Toerprys op aanvraag beskikbaar. Bespreek by Braam (Stargate International): 011 918 7567 (noem dat jy vir die Finesse-toer bespreek).
*Pryse onderhewig aan verandering. Vlugte, twee etes per dag, vierster-akkommodasie, toergidse en landtoer ingesluit. Egiptiese en Jordaniese visums van R180 elk uitgesluit.

Kliek HIER vir die volledige reisplan.

lyn_3.png

 

 

Website Security Test