Israel toer 2015 saam met Isak Burger

29 SEPTEMBER - 9 OKTOBER 2015

Sy GENADE is vir jou genoeg

Kom saam op ’n geloofsreis deur die geboorteland van Jesus en kyk met nuwe oë na die stories in die Bybel.

God se genade roep na jou wanneer jy deur Israel toer. Ontdek saam met Isak Burger die geboorteland van Jesus en voel hoe God se vergifnis werklik word.
Voel jy afgesloof en desperaat vir ’n vakansie? Een wat nie net liggaam en siel laat uitrus nie, maar ook jou gees nuwe krag sal gee. ’n Vakansie waar jy getuie word van die woorde: Sy genade is vir jou genoeg!
Stel jou dit voor: Jy kyk uit oor Jerusalem vanaf die Olyfberg en besef: Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk. So beskerm Hy jou ook. Stap op die Via Dolorosa na die graf in die tuin en sien self: Die graf is leeg! Genade het vir ons gekom, in ons plek kom sterf en Hy leef. Dit is hier, in Israel, waar Genade vir ons gebore is. Hier het Hy sondes vergewe, wonderwerke gedoen en Sy liefde tot in die uithoeke van die aarde laat uitkring.

Lees meer »

lyn_3.png

Wie gaan saam?

ISAK BURGER

lyn_3.png

Bespreek só

Reis saam met FINESSE en haar lesers deur die strate van hierdie heilige land. Praat Afrikaans met die toerlede, luister na Isak Burger en sing saam met Danie Botha, Johan Swanepoel en Stass by die Gospel Israel Gala.

Ontdek die Israel van gister en vandag saam met FINESSE. Bespreek jou plek om saam te toer vanaf 29 September tot 9 Oktober by Michelle van Stargate International Tours. Skakel 011 918 7567. Onthou om te sê dat jy saam met FINESSE wil toer. Vir meer inligting, stuur ’n epos aan reisklub@finessemag.co.za.

Vanaf R34 980 per persoon wat deel.
(Vlugte, vervoer, verblyf en lughawebelasting is ingesluit by die prys.)

KLIEK HIER vir die volledige toerprogram

Toer saam met FINESSE en jou kaartjie na die Israel Gospel gala is GRATIS ingesluit.

lyn_3.png

Die wenner van ons Tygerberg 104fm en FINESSE kompetisie is Naomi Groenewald. Sy gaan saam op ons Israel toer.

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test