Janina Oberholzer se braairesep

Janina Oberholzer se braairesep

Al is Janina Oberholzer ’n vegetariër, sal jy nie glo wat haar gunsteling braairesep is nie. Jy moet hierdie resep probeer wanneer julle weer braai.

Hierdie braaibroodjie is ʼn moet vir elke braai. As ’n braaibroodjie nou ’n klap in die bek is, is die resep vir jou. NB: Dankie Elmarette (my niggie) dat ek die resep by jou kon kry.

WAT BENODIG JY?
• ’n klaargemaakte knoffelbrood (Dit kan jy sommer by jou plaaslike winkel koop)
• Een blik ekstra fyn appelkooskonfyt
• Een bottel Melrose Sweetmilk smeerkaas

METODE:

  1. Haal jou knoffelbrood uit sy foelie uit. Bere die foelie eenkant, jy gaan dit later weer gebruik.
  2. Smeer nou in elke sny ’n lekker laag konfyt en ’n lekker laag smeerkaas.
  3. Moet nie skaam wees nie. Somer lekker dik.
  4. Nadat elke sny nou ’n laag op het, maak die brood weer in sy foelie toe, en sit hom op die vuur of in die oond.
  5. Maak seker hy kry genoeg hitte, sodat die kaas en die konfyt in die brood in smelt.
  6. Bedien die brood dadelik.
  7. Sit terug, en wag vir die komplimente wat na jou kant toe gaan stoom!

BON APPETIT!

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test