Hoe om ... nie teen verandering te skop nie

Catherine van Heerden

Selfkenner: Catherine van Heerden

lyn_3.png

GRATIS

Die e-boek, 50 vrae om jouself te vra teen 50, kan gratis afgelaai word tot 30 April 2016. Kliek hier om jou e-boek te kry.
Gebruik die afslagkode VG_OKT wanneer jy die produk in jou mandjie sit.

lyn_3.png

Jy ken natuurlik die gesegde: Verandering is die enigste konstante.

Kyk om jou rond, alles is gedurig aan die verander – die wolke, bome, seisoene, weerspatrone en natuurlik hoe wonderlik jy geskape is. Selfs jou voorkeure en voorkoms verander van tyd tot tyd.

Verandering kan in verskillende gedaantes aan jou deur kom klop. Soms is dit ’n sterk warrelwind met vernietigende resultate, soos om skielik ’n geliefde aan die dood af te staan. Of dit kan jou stadig bekruip, soos om eendag in die spieël te kyk en te ontdek jy het oud geword.

Leer en groei deur uitdagende en onbekende tye

Daar is een groot rede hoekom mense teen verandering skop, en dit is vrees. Ja, ons is bang vir wat ons gaan verloor, bang om uit ons gemaksone te beweeg, bang om beheer oor te gee, bang vir die onbekende en bang vir mislukking. Dit maak dat ons eerder verbete aan die bekende vasklou, al hou dit geen belofte in nie of al maak dit ons seer. Mense vrees verandering meer as wat hulle geïnspireer word deur dit wat hulle moontlik daardeur kan leer.

Verandering is deel van die lewe, maar jy kan kies met watter gesindheid jy dit gaan hanteer. Ons is almal skrikkerig vir die onbekende, maar as jy jouself werklik ken, is die reis wat voorlê, dalk minder angswekkend. Dink vir ’n oomblik aan die verandering wat jy op die oomblik beleef. Is dit nie dalk vir jou moontlik om tog die situasie te gebruik om te leer en te groei nie? Want dit is deur ongemak en beproewings dat ons regtig groei as mens, en karakter bou en ontwikkel om te word wie God wil hê ons moet wees.

Catherine leer ons hoe om teen hoogmoed te waak. Kyk hier na haar video.

Raak opgewonde oor dinge wat verander

Wanneer daar byvoorbeeld nuwe stelsels of tegnologie by die werk geïmplementeer word, daag jouself uit om die moontlikhede raak te sien. Kyk na die situasie en aanvaar dat daar altyd ’n element van vrees en onbekendheid sal wees. Moenie toelaat dat dit jou enigste realiteit is nie. Vrees vir die onbekende is maar net ’n menslike oorlewingsinstink.

Ondersoek die verandering en presies hoe dit jou gaan affekteer. Kyk dan na die emosies wat dit by jou ontlok, maak vrede daarmee en beweeg aan. Dit gaan ’n kopskuif van jou vra. Hou op om daarteen te veg, maar sê eerder dat jy opgewonde is om te kyk waarheen dit jou gaan neem.

Selfs dinge wat op die oog af negatief lyk, soos ’n verhouding wat beëindig word of dat jy jou werk verloor, kan dalk ’n reënboog aan die einde van ’n hobbelrige pad beteken. Talle mense se lewens getuig van tweede kanse.

Glo in jouself en maak jou los van gister!

Kennis is dikwels jou beste wapen om te voorkom dat verandering jou onkant betrap. As ’n geliefde met ’n ernstige siekte of gebrek gediagnoseer word, bemagtig jouself deur alles daaroor uit te vind. As jou kind sterf, kan jy dalk bemoedig word deur te lees wat ander oor hulle kinders se dood geskryf het. Gesels met mense en wees oop vir hulle bemoediging, terugvoer en insette.

Glo in jouself, in jou toekoms en in jou vermoëns. Wees positief oor die verandering in jou lewe. Kyk na die toekoms en vind nuwe moed en durf, want jy ken die Een wat alles ten goede laat meewerk vir jou. Kies dan to let go. Onthou, sonder verandering sou jy nooit geweet het waartoe jy in staat is nie. Die grootste vyand van verandering is om vas te klou aan die verlede. Tyd is jou vriend, so, skep gerus asem en laat toe dat tyd jou genees en lei deur hierdie nuwe en onbekende fase.

Michael Jordan het gesê: “I can accept failure, everyone fails at something. But I can’t accept not trying.” Elke verandering is ’n geleentheid om te groei en nuwe dinge te leer. Gryp dié geleentheid aan en doen moeite om vaardighede aan te leer wat jou gaan help om verandering met ’n positiewe gesindheid te hanteer.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Hulp 24/7 is soos om beraders heeldag met jou saam te dra ... Wanneer iets gebeur wat jou vreugde steel, trek hierdie boek nader en vind die beste raad oor jou krisis of probleem. Te koop by www.voelgoedwinkel.co.za teen R91.

 

lyn_3.png

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA