Hoe om... weer van jouself te hou

Catherine van Heerden

Selfkenner: Catherine van Heerden

lyn_3.png

GRATIS

Die e-boek, Guts, kan gratis afgelaai word tot 31 Mei 2016. Kliek hier om jou e-boek te kry. Gebruik die afslagkode VG_MEI wanneer jy die produk in jou mandjie sit.

lyn_3.png

Ai, die liewe stryd met die spieël! Dit kan jou beste vriend of jou mees ongenaakbare teenstander wees. Die gedagtes en gevoelens wat die prentjie wat na jou terugstaar in jou wakker maak, kan jou hart in stukkies laat breek.

Jou drome kan selfs soos mis voor die son verdwyn omdat die beeld in die spieël jou vyand geword het. My raad? Gebruik juis dit wat jy sien en voel as jou vitamienaanvulling wat jou boost om voluit te leef.

Diepgaande seer is dikwels die rede vir selfhaat

Ek weet dis makliker gesê as gedaan! Mense raak soms dinge kwyt soos: “Nee, kom nou, ruk jouself reg!” As dit maar net so eenvoudig was, soos om net te besluit dat jy van nou af jouself sal liefhê en aanvaar soos jy is. Vir party mense is dit ongelukkig ’n lewenslange stryd om tot by die punt van selfliefde en selfvertroue te vorder.

Hoekom is dit so? Daar is meestal een groot rede: Jy het op een of ander stadium baie diep seergekry. Iemand of moontlik ’n hele paar belangrike rolspelers in jou lewe het jou vertroue soveel skade aangedoen dat jy jou eie waarde in twyfel trek. Sekere woorde en gebeure van die verlede het jou lewensvreugde kom steel. Dit kan tot die kamers van jou hart grys maak, vol stof waarin jy wil-wil verstik! Ek weet.

Hoekom moet ek elke dag mooi lyk? Lees Annien Botha se blog hier.

Wees eerlik oor die krake van ander se woorde

Vriendin, wees vandag eerlik met jouself. Wie het sulke diep krake in jou hart gelaat? Amper soos ’n gebreekte vaas. Die water wat jy ingooi, lek eenvoudig uit. Wanneer jy probeer om jou doel na te streef, voel jy nutteloos, want die gebrokenheid lei net tot meer gebrokenheid. Die beeld van jouself is ’n verwronge een, want jou pyn skets ’n skewe prentjie: dat jy niks goeds verdien nie.

So nou oorleef jy net. Jy glimlag wanneer dit van jou verwag word, jy sit jou rooi lipstiffie aan en koop die blink skoene en handsak wat by jou nuwe uitrusting pas. Maar jy is nie regtig dáár nie! Dit is alles net vertoon. Intussen huil jy in die stilte van die nag omdat jy ’n leuen glo dat jy nie goed genoeg is nie.

Glo die waarheid oor jouself: Jy is wonderbaarlik!

Die waarheid is dat ek nie al die antwoorde het nie. Daar is nie ’n kitsresep wat jy stapsgewys kan volg om van jouself te begin hou nie. Al die mooi is reeds binne jou. Net jy kan die geskenk van die lewe koester. Net jy kan die kosbare juweel wat jy is, blink vryf. En net jy kan die waarheid oor jouself glo: dat God jou wonderbaarlik gemaak het. Jy is kosbaar vir Hom. Jy is waardevol genoeg dat Hy Sy Seun gestuur het; jy is Sy lieflingskind.

Nou vra ek jou: Hoekom sal jy toelaat dat ’n mens se sondige en onberekende woorde of optrede jou meer aanraak en beïnvloed as wat ’n Almagtige God van liefde en genade kan doen? Ek weet nie van jou nie, maar dit maak vir my meer sin om na Hom te luister en Sy uitnodiging na genesing en lewe in oorvloed te aanvaar eerder as om my ore uit te leen aan mense wat nie van beter weet nie.

As jy in die spieël kyk, liewe vrou, moenie jouself sien vanuit jou pyn en seer nie. Kyk deur ’n bril van genesing en jou status in Christus. Dit is al, want dan sien jy wie jy werklik is – ’n vrou na die Vader se hart. Hierdie besef sal jou help om elke dag opnuut te probeer leef volgens die belangrikste beginsel op aarde: die liefde. Wees lief vir jouself en ander. Die res sal volg.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

'n Lewe waaroor jy mal is sal jou begelei om antwoorde te vind op die regte vrae soos ...
• Is ek met elke aspek van my lewe in ’n goeie rigting op koers?
• Hoe kan ek my tyd beter bestuur en meer produktief wees?
• Hoe oorleef ek die krisisse wat oor my pad kom?
• Wat gaan mense van my sê op my begrafnis?
Te koop by www.voelgoedwinkel.co.za teen R80. PLUS gratis aflewering.

lyn_3.png

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA