Koejawel-en-glühwein-roomys met speserye

’n Dekadente koejawel-en-glühwein-roomys wat deur die nuwe Two Oceans Shiraz geïnspireer is.

Lewer 6-8 porsies | Bereidingstyd 10 minute | Stoltyd sonder toesig 3-4 uur (Geskep deur Sarah Graham)

gluhwein_roomys.jpgBESTANDDELE

2 koppies Two Oceans Shiraz
2 kaneelstokkies
6 kruinaeltjies
6 kardamompeule
1 t vanieljepasta of 1 vanieljepeul, in die lengte gehalveer
2 ster-anyse
2 blikkies koejawels in stroop
1 koppie (250 ml) slagroom
1 blikkie kondensmelk

METODE

Voeg die rooi wyn, speserye en koejawels (met die stroop) in ’n middelslagkastrol oor medium hitte bymekaar. Laat prut 20-30 minute lank of tot die wyn afgedamp het en ’n stroperige tekstuur verkry. Verwyder van die hitte, haal die speserye uit en gooi dit weg, en druk die koejawels met ’n vurk of houtlepel fyn. Verwyder twee of drie eetlepels van die moes en hou eenkant tot bediening.

Klop die room intussen tot dit baie lig en donsig is, drup die kondensmelk daarin en vou saggies om te kombineer. Vou die koejawelmoes en glühweinstroop ook in.

Plaas in ’n broodblik wat met bakpapier uitgevoer is, of in ’n vriesbestande houer, en vries drie tot vier ure lank, of tot dit gestol het.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test