[VIDEO] Kragoefeninge vir metabolisme

1665

Kardio is baie goed vir ons kardiovaskulêre gesondheid, maar as kardio- en kragoefeninge met mekaar kompeteer vir langtermynvetverbranding, wen kragoefening die goue medalje!

Kragoefening versnel jou metabolisme

Jou liggaam raak nie net vinnig gewoond aan jou kardiosessies nie, maar gewigsverlies as gevolg van kardio kom van veten spierverbranding, wat tot ’n stadiger metabolisme lei en sodoende word ’n plato bereik.

Hoe meer spiermassa jy het, hoe meer kilojoules benodig jou liggaam, want spiere is metabolies aktief! Jou metabolisme is ook vinniger vir ’n langer tydperk na jou oefensessie, teenoor matige kardio-oefeninge, waar kilojouleverbranding terugkeer na normaal.

Dis moontlik sonder daardie gim-sessie

Jy het nie gimnasium-lidmaatskap of ekstra tyd nodig nie! Doen die volgende sommer by jou huis: Terwyl jy televisie kyk, doen ’n vinnige oefensessie gedurende elke advertensiebreuk. Met die eerste advertensie doen jy tien hurke, met tien nabygreeparmopstote en laastens tien opsitte.
Tydens die volgende breuk, gebruik ’n stoel en doen tien driekopspier-afsakke, gevolg deur tien hurkspronge en eindig met ’n plank-oefening. Roteer die oefensessies per breuk om dit interessant te hou.

Om iets deur die dag by te voeg, kan jy stap-hurke doen terwyl jy rondloop. Vat ’n groot tree vorentoe en hurk af, eers met die linkerbeen en dan die regterbeen. Wanneer jy in jou kombuis kom, doen tien opstote teen die kas.
 

Marijke Cilliers, persoonlike afrigter

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Marijke.