Kruie-en-kaasbrood

Genoeg vir 12

BESTANDDELE

500 g bruismeel, gesif
5 ml sout
30 ml pietersielie, fyngekap
2 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml gedroogde gemengde kruie
500 ml sterk cheddarkaas, gerasper
500 ml karringmelk
1 groot eier

METODE

1 Stel die oond op 180 °C.
2 Sif die meel en die sout saam.
3 Voeg die pietersielie, peper, kruie en kaas by.
4 Klits die karringmelk en eier saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng met ’n houtlepel.
5 Verdeel die deeg tussen twee gesmeerde broodpannetjies en plaas in die voorafverhitte oond. Bak ongeveer ’n uur lank. Keer uit op ’n draadrakkie en laat afkoel.

 

Website Security Test