Skenk 'n Kinderbybel vir 4 600 graadeens

Wil jy ’n verskil maak wat ewigheidswaarde het?  Skenk 'n Kinderbybel aan minderbevoorregte graadeens!

Dis  weer tyd vir Skenk 'n Boek, Carpe Diem Media se jaarlikse omgee-projek ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek. Help ons en ons ambassadeurs, Sorina Erasmus, Jak de Priester en MD Greyling, om 'n verskil in graadeens se lewens te maak.

Die Skooltassieprojek, een van Helpende Hand se vlagskipprojekte, is in 2008 van stapel gestuur. Dié organisasie sit jaarliks ’n tassie propvol skryfbenodigdhede in graadeentjies se hande en sedertdien kon 27 000 graadeens al 'n skooltassie ontvang.

Finesse-tydskrif ondersteun hierdie wonderlike inisiatief deur 'n geestelike element by te voeg: hierdie jaar word beoog om die 4 600 skooltassies elk van 'n Kinderbybel te voorsien. Die Kinderbybel, naamlik Eerste Bybel vir Klein Maatjies is deur Johan en Nina Smit geskryf en bevat die bekendste Bybelstories in grootdruk.

Deur R100 by te dra, skenk jy EEN so 'n Kinderbybel in grootdruk. Kom ons leer ons kinders van kleins af van Jesus!

lyn_3.png

Hoe kan jy ’n verskil maak?

Direkte inbetaling. Jy kan jou R100 direk in die SkenknBoek rekening inbetaal.

Standard Bank
Vanderbijlparktak
Takkode 014 737
Tjekrekeningnommer: 021 909 504
Gebruik asb. jou selnommer as verwysing.

OF

SKENK jou R100 aanlyn. Jy is ook welkom om meer by te dra as jy kan, met R1000 skenk jy reeds tien Bybels!

 

lyn_3.png

Skenk 'n Boek-dag

Op Vrydag, 4 November, kuier ons by Pretoria FM in die ateljee. Hierdie is 'n opwindende dag waar die radiostasie met ons ambassadeurs gesels en luisteraars deurentyd geleentheid kry om hulle bydraes te pledge! Hou Finesse voelgoed tydskrif se Facebook-blad dop vir meer inligting nader aan die tyd.

lyn_3.png

Skenk ’n Boek word in samewerking met Pretoria FM en Maroela Media en ten bate van Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging se Skooltassieprojek aangebied. Navrae oor die projek: jana@finessemag.co.za.

 

Dis 'n voorreg om deel te wees van 'n projek wat kinders se lewens wil verryk! Die beste manier om in iemand se lewe te belê, is om vir hom of haar die Boek van die Lewe te gee!
- Sorina Erasmus, ambassadeur van Skenk 'n Boek