Murgpampoentjiesop

Genoeg vir 6 | Tyd: 30 minute

BESTANDDELE

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, baie fyn gekap
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 1 kg murgpampoentjies, opgesny
• 500 ml groenteaftreksel
• 500 ml hoenderaftreksel
• 30 ml vars dille, gekap
• 250 ml room
• 30 ml sjerrie
• growwe sout en varsgemaalde swartpeper
• vars suurlemoensap na smaak
• vars dille vir garnering

METODE

1 Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel vir ongeveer 5 minute daarin.
2 Voeg die murgpampoentjies en groente- en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte.
3 Kook vir 15 minute met die deksel op oor matige hitte tot die murgpampoentjies sag is.
4 Voeg die dille by en puree tot egalig in tekstuur.
5 Voeg room, sjerrie, sout en peper by en meng goed.
6 Skep in bakkies, drup ’n paar druppels suurlemoensap oor en garneer met vars dille.

 

Website Security Test