’N NUWE JY tydskrifboek

Hier is ’n volkleurtydskrifboek wat op elke vrou se bedkassie moet lê. Dit is vol bekende gesigte, interessante artikels en tegnieke wat werk – oefening, haarstyle, grimering, eetplanne en gesondheidswenke.

Finesse se ’n Nuwe Jytydskrifboek is meer as net nog ’n tydskrif – dit is ’n alles-in-een-gids oor elke aspek van jou gesondheid en skoonheidsroetine en beantwoord ’n hele klomp vrae oor dieet waaroor jy al lank wonder.

Linda Kriel wys ’n aantal oefeninge wat jy vinnig kan doen en wat vir seker effektief vir jou spesifieke liggaamsvorm is. So begin jy met die eerste stap na die lyf wat by jou pas! Verskeie bekendes, soos Janie du Plessis, Dorette Potgieter en Elma Smit, deel ook hulle skoonheids- en gesondheidsgeheime.

Nie net kan jy van bekende mense lees nie, maar jy kry ook verskillende maniere om jou grimering te doen: smeulende lippe en dramatiese oë vir ’n romantiese aand uit of net grimering vir ’n dag by die werk of koffie saam met ’n vriendin. Dalk wil jy ’n spesifieke haarstyl hê, maar is nie seker of dit by jou sal pas nie. Hier wys ons wat pas by jou gesigvorm en wat nie, en dit kan die moeilike besluit vir jou baie makliker maak.

Kry ook al die wenke wat jy by ’n professionele kenner sal kry: jonger mond, spatare, watter kwaste om te gebruik, afskilfering, die haarkleur wat by jou pas, selluliet en vele meer.

Wil jy dalk gewig verloor, maar jy weet nie waar om te begin en wat jy behoort te eet en wat nie? Kies een van twee eetplanne wat vir jou sal werk wat spesiaal deur die dieetkundige Amanda Kuit uitgewerk is. Ons sê ook wat jy moet doen om die manier waarop jy oor jou gewig dink te verander en hoe jy ’n gelukkiger mens kan wees in net drie stappe!

Seksies in die tydskrifboek

SELF: Vind jouself, word gelukkig en mooi van binne
MOOI: Hare en grimering vir elke geleentheid
GESOND: Kry energie en weet hoekom jy wil eet
DIEET: Eetplanne en wenke wat die vet sal laat wegsmelt
FIKS: Oefeninge wat vir elke lyf en probleem sal werk
RESEPTE: Gesonde en smaaklike opsies vir almal

Eksklusief beskikbaar by uitgesoekte Pick n Pay-winkels
vir slegs R119, tot 28 Februarie.

 

 

 

Website Security Test