Net Girls-bootreis 2016

’n Luukse bootreis en skouers skuur met van jou gunsteling-celebs. En jou hartsvriendinne is langs jou om elke oomblik van dié onvergeetlike vakansie te deel!

Hierdie meisies het die wow-faktor! Hulle is gogetters soos min. In 2016 span ons die seile van die spognuwe MSC Sinfonia met Elma Postma en Aletté-Johanni Winckler aan boord. Dit is jou beurt en jy is ons spesiale gas wanneer ons vanaf Durban na die Portugese Eilande vaar. Moenie wag nie, ’n eilandparadys wink!

STYL MET ’N HOOFLETTER “S”

Sy is gevestig as stylikoon, voorkomskonsultant, FINESSE-rubriekskrywer – en jy en jou vriendinne gaan aan haar lippe hang. Aletté-Johanni se werkswinkels is propvol met die jongste modeneigings, maklike demonstrasies en raad om al daardie nare modeflaters te vermy.

DINAMIET IN KLEIN PAKKIES

Oud-Binnelander Elma Postma gaan ons trakteer op haar eksklusiewe verhoogproduksie saam met Anriëtte van Rooyen. Hulle het dit spesiaal vir ons bootreis geskryf. Elma is ’n bekende op kykNETskerms, maar binnekort kan jy sien hoe hierdie veelsydige aktrise haar regie- en verhoogtalent ten toon stel. Ons kan nie wag om saam met Elma te kuier nie. Haar produksie beloof om jou te laat skaterlag.

FINESSE Net-vir-die-Girls-bootreis het oor die jare ’n groot gunsteling en moet-doen-vakansie geword vir vroue. Stel jou voor: 4 luukse nagte aan boord die MSC Sinfonia, vyfstermaaltye, Afrikaanse vermaak uit die boonste rakke, winkels, ’n spa, gym, kajuite met panoramiese uitsigte oor die Indiese Oseaan en luilekker middae langs die swembad.

Lees meer »

lyn_3.png

BESPREEK NOU, SPAAR TOT 35%

Kom herlaai jou battery en breek weg van die vervelige roetine en dag-tot-dag-sleur van 4 tot 7 Maart 2016.

Bespreek jou plek by 011 807 5111 en maak seker jy sê dat jy saam met FINESSE wil reis.

Vir ’n deposito vanaf so min as R750 per persoon maak jy jou plek vas. Jy kan selfs ’n debietorder gebruik om die balans te betaal voor die anker lig.

*(Omdat die pryse so vinnig verander kan jy die prys van die bootreis slegs uitvind deur 011 807 5111 te skakel.)

lyn_3.png

Net Girls-bootreis 2016 FOTO'S

Kliek hier vir foto-album 1
Kliek hier vir foto-album 2

 

kommentaar (25)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test