Net Girls-bootreis 2017 foto's

Dankie vir ‘n wonderlike naweek – dit was my 6e Finesse en ek en my skoonsus het reeds weer bespreek vir 2018!
MaryAnne Strydom

Bitter baie dankie sê vir ‘n onvergeetlike tyd! Dankie vir al die beplanning, al die moeite wat julle daar ingesit het en ook vir al die gees van net kuier wat julle geskep het.
Ons was ‘n groep van 16 met ouderdoms verskille van 17 – 63 en ons het selfs ‘n pregnant fairy daar gehad wat steeds kon deel in al die pret.
Hierdie was my 3de trip saam met julle, en beslis nie my laaste nie. Ons is reeds besig met die beplanning vir volgende jaar se trip.
Sheree de Witt

Liewe Finesse
Die belewenis en die herlewing in my siel is van so aard dat ek eintlik net kan jubel.
Baie baie dankie vir al julle puik organisering en vrek oulike sessies wat julle aangebied het.  Ek en my pragtige 3 meisiekinders was daar en wow! Watter ongelooflike kuier was dit nie. Ons het ons hartseer oor Corliatjie (ons meisiekind wat ons verlede jaar verloor het) vrygelaat oor die pragtige blou oseaan en vir haar ’n briefie in ’n botteltjie geskryf.
God rewrote the text of our lives and we are put together again.
Dit was so helend en verfrissend.
Cornel Rothmann, Theamari Jonker, Christa Rothmann en Rachelle Rothmann

Sjoe waar begin 'n mens. DANKIE DANKIE DANKIE dat julle ons die geleentheid bied om bietjie weg te kom, te ontspan en opnuut pitkos vir die siel kry. Ons het gelag, so hier en daar 'n traan-in-die oog-oomblik gehad en opnuut "stil" geraak en besin oor ons Kind-van-God-wees; vrou-wees; mamma-wees; vriendin-wees -lewe. Die bekendes was uitstekend en ons het reeds boodskappe uit die "God is groot boekie" gekry wat ons altyd sal bybly. Dankie Finesse vir nuwe memories en dat julle in ons lewe kon belê.  Ons was ook so bevoorreg om AL7 die bekendes te kon raakloop asook die pragtige Liesel.
Leandré Olivier & Bianca Kriel

Baie dankie aan al ons borge

 

kommentaar (2)

  • Atoinette Helberg (kommentaar)

    Baie dankie vir 'n heerlike finesse vir vroue bootreis.Dit was ons derde keer en ons selfde 4 het reeds weer geboek vir volgende jaar. Al die pret en lekker kuier maak hierdie een van ons bucketlist hoogtepunte elke jaar.

  • Ansie Woest

    2017 was my 3rde keer op die Finesse Net vir die Girls only bootreis.
    Wat 'n ondervinding weereens. in 2018 gaan ek en 4 Vriendinne en in 2019 gaan ek en nog 'n Paar Vriendinne.
    Ons goed is al so uitgewerk.

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test