Net Girls-bootreis 2017

0
108
bootreis.jpg

Volgende jaar is ons bootreis groter as ooit. Ons vier sewe jaar van pret en inspirasie saam met 7 bekendes.

Volgende jaar is ons bootreis groter as ooit. Ons vier sewe jaar van pret en inspirasie saam met 7 bekendes. Natuurlik is jy ook genooi!

Ons bring sewe celebs op hierdie 7de bootreis en wil die MSC Sinfonia met 2 500 girls volmaak! As jy nog nie die bootreis beleef het nie, is 3 tot 6 Maart 2017 die ideale tyd vir jou en jou vriendinne om in die pret te kom deel! Vir ou Finesse-reismiere, jou kaartjie lê reeds en wag om opgeraap te word.

Maak reg vir ’n opwindende reis vanaf Durban na die Portugese Eiland, gelaai met aksie, inspirasie, musiek, komedie en geestelike pitkos. Kom luister na Sorina Erasmus en Jak de Priester se treffers, Gretha Wiid wat inspireer, Susan Coetzer met haar gewilde eenvrouvertoning, Koek en Tert. Tracey Lange (BRAVO!), Nadia Beukes (voormalige aanbieder van Boer soek ’n vrou) en Venessa Schoeman (van Finesse) is ook daar.

KLIEK HIER VIR 7 REDES WAAROM JY MOET SAAMKOM ››

lyn_3.png

Wie gaan daar wees?

 

SORINA ERASMUS   JAK DE PRIESTER   GRETHA WIID   SUSAN COETZER
TRACEY LANGE   NADIA BEUKES   VENESSA SCHOEMAN       

 

lyn_3.png

Bespreek jou plek

Met jou kaartjie kan jy soveel eet as wat jy wil, al die vermaak en vertonings op die boot geniet, swem, dans en by die Portugese Eiland afklim. Skakel MSC direk by 011 807 5111 vir die nuutste pryse en kajuite.
Onthou om te sê dat jy vir Finesse se bootreis wil bespreek. As deel van die Finesse groep kry jy ’n geskenksakkie en toegang tot die kunstenaars se vertonings.

lyn_3.png

Jy kan ook aanlyn bespreek deur hier te kliek.

Maak seker jy kliek op die Finesse Cruise, anders gaan jy uitmis op belangrike kommunikasie.

Vir meer inligting stuur ’n epos na bootreis@finessemag.co.za.

lyn_3.png

Net Girls-bootreis 2016 foto’s

Kliek hier vir foto-album 1
Kliek hier vir foto-album 2

lyn_3.png

Die wenner van die Augustus bootreis kompetisie is Jeanette Edwardes.

lyn_3.png